Jan Kunene (Behr) Foto verskaf
Jan Kunene (Behr) Foto verskaf

Jan Kunene: 'Ek's nie verban'

In Maandag se koerant het Republikein berig dat Jan Kunene (Behr) deur nege bewaringsgebiede in die Kunenestreek toegang geweier is omdat hy nie oor die nodige dokumentasie vir sy "navorsing" oor olifante beskik nie.

Gister het hy die koerant ingelig dat betrokke owerhede nie bewus is van enige banningsbevel nie.

"Ek's nie verban nie," het hy telefonies aan Republikein gesê. Hy was ook volgens hom dusver ook net in die Soris Soris-bewaringsgebied.

"Ek het ‘n inisiatief begin genaamd Walk with Elephants," skryf Behr aan die koerant. "Die primêre doelwit was of is steeds om ‘n boek teen die einde van die jaar te publiseer. Die sekondêre doelwit is om internasionale bewustheid van die woestynolifante te skep. Daar was ‘n moontlikheid vir ‘n dokumentêre film, maar dit is vir nou van die baan.

“Op geen tydstip was dit my bedoeling om ‘n 'fondsinsameling' vir die woestynolifante te doen nie," skryf Behr. "My versoek vir skenkings was vir die uitsluitlike doel om my uitgawes en onderhoud te dek.”

Volgens Behr het hy op 5 Junie by die White Lady Lodge aangekom en gevra waar die olifante is. Hy is ingelig dat hulle in die omgewing van die Madisa-kamp is.

“My bedoeling was om van White Lady Lodge na Madisa-kamp te stap (40 km). Ek is aangeraai om dit nie te doen nie aangesien daar moontlik leeus in die omgewing is. Ek het Maandag 6 Junie vertrek en het na Madisa geryloop."

Volgens Behr kon hy op Dinsdag 7 Junie nie die olifante opspoor nie. Op 8 Junie het hy by Houmoed aangekom.

“Mense het navraag gedoen hoekom ek in die omgewing is. Ek het ‘n oproep van Gideon Gariseb, ‘n bestuurslid van die bewaringsgebied, ontvang. Hy het my beopdrag om op Donderdag 9 Junie by die bewaringsgebied se kantoor aan te meld, wat ek gedoen het.

"Die doel was om die gemeenskap in te lig dat ek in die Soris Soris-bewaringsgebied is. Alles wel. Ek het drie staptogte saam met ‘n plaaslike gemeenskapslid onderneem. Ons het olifante gekry wat ek afgeneem het.

"Dinsdag 14 Junie het Gideon vir my gesê dat die gemeenskap kla dat ek hul plase betree en moeilikheid maak. Ek het dit ontken en gelukkig kon my plaaslike assistent bevestig dat ons nooit op iemand se plaas of in die nabyheid van hul opstalle geloop het nie.

“Gideon het my verder vertel dat dr Elia Manga, die voorsitter, my gebel het en my beopdrag het om 'n vergadering op Donderdag 16 Junie by te woon. Ek het vir hom gesê dat ek nooit met dr. Manga gepraat het nie." Volgens Behr het die storie heel verander toe dit aan die lig kom dat Manga niks van hom weet nie.

Hy voer aan dit was 'n ander gids en stappers wat in dieselfde omgewing moeilikheid veroorsaak het. Verskoning is volgens Behr vir die misverstand aangeteken.

"Ek het Donderdag die vergadering bygewoon," skryf Behr. "My teenwoordigheid en doelwitte is bespreek. Daar is ooreengekom dat ek alle fotografering sal staak totdat ek ‘n toestemmingsbrief van MEFT kry. Ek het ‘n e-pos aan MEFT gestuur. Tans is ek nog by Houmoed en wag vir die brief," het Behr gister aangedui.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!