Jenny nou deel van Zuri-familie
Jenny, ’n paar dae oue duiker, word by die dag sterker.
Plaaswerkers het haar in die veld gevind en die plaaseienaars het haar na die Zuri Orphanage op Tsumeb geneem.
Die duiker is nog met haar naelstring aan gevind en het 1,25 kilogram geweeg toe sy in die sorg van dr. Erika de Jager geplaas is.
“Ek het die kliënte aan die einde van die dag met ’n groot houer in die ontvangs van die veeartsenykantoor sien staan. Ek het onmiddellik aangeneem hulle het ’n siek dier ingebring, maar wat ’n verrassing toe hulle die houer oopmaak en my oë val op die kleinste duiker wat ek nog in my lewe gesien het. Hulle het haar vir my gebring om groot te maak en te versorg.”
De Jager het sowat 35 jaar terug haar eerste dobermann met die naam Jenny gehad.
“Jenny was die mees ongelooflike hond wat ek nog gehad het en toe ek vir die spesiale diertjie sien, het ek geweet dat haar naam Jenny is. Sy is na ’n baie spesiale hond vernoem.”
Volgens De Jager weeg duikers sowat 700 gram by geboorte.
“Jenny was al ’n paar dae oud want sy het meer as ’n kilogram geweeg. Sy tel nou baie gewig op en drink elke dag bietjie meer. Haar voet wat aan die begin seer was en waarop sy nie wou trap nie, is nou ook gesond. Sy speel heeldag en hardloop rond. Sy moet nou net grootword.”
Spokie, die foxterriër, het haar aangeneem.
“Hy speel met haar en maak haar skoon. Hy pas haar op en wanneer hy naby is mag niemand naby Jenny kom nie. Ek wens ek kon vir haar duikerma sê dat haar baba veilig en geliefd is. Sy is nou deel van die Zuri-familie.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie