Kenner: Natuurlike hulpbronwette moet mekaar aanvul
Strategieë geïdentifiseer
Meer as 30% van Namibië se arbeidsmag is werksaam in natuurlike hulpbronverwante sektore, en 70% van die bevolking is afhanklik van natuurlike hulpbronne vir 'n lewensbestaan.
Ellanie Smit – Daar is ’n behoefte om wette wat toegang tot- en gebruik van biologiese hulpbronne reguleer, te konsolideer en te harmoniseer. Dit om te verseker dat die land en sy mense voordeel trek uit die benutting van hierdie hulpbronne.
Meer as 30% van Namibië se arbeidsmag is werksaam in natuurlike hulpbronverwante sektore, en 70% van die bevolking is afhanklik van natuurlike hulpbronne vir ’n lewensbestaan.
Hierdie statistieke is gedeel deur Henry Ndengejeho, die koördineerder van die Duitse ontwikkelingsinstansie (GIZ) se projek oor klimaatsverandering en inklusiewe gebruik van natuurlike hulpbronne (CCIU).
Hy het gesê 44% van Namibië se landmassa is onder bewaring, en die versekering van ’n volhoubare omgewing en die verbetering van veerkragtigheid het topprioriteite geword binne Namibië se raamwerk vir ontwikkelingsbeleide.
MEET UITKOMSTE
Ndengejeho het die opmerkings gemaak by ’n bespreking oor die koördinering en samewerking van relevante lynministeries vir die implementering van toegang tot biologiese en genetiese hulpbronne en gepaardgaande tradisionele kennis.
Hy het gesê die aanwysers wat geïdentifiseer is om gewenste uitkomste met betrekking tot bewaring en die volhoubare bestuur van natuurlike hulpbronne te meet, hou verband met die jaarlikse inkomste wat gegenereer word uit beskermde gebiede en gemeenskapsgebaseerde programme vir die bestuur van natuurlike hulpbronne.
Dit sluit ook die persentasievermindering in gevalle van stropery asook die afname van totale oppervlaktes wat deur veldbrande vernietig is.
“Strategieë wat geïdentifiseer is om die teikens te bereik, sluit in die bereiking van gronddegradasieneutraliteit en die verhoging van grondproduktiwiteit, die verbetering van die bestuur van beskermde gebiede, die implementering van maatreëls om stropery en onwettige handel in natuurlike hulpbronne te bekamp, en die volhoubaarheid van omgewingsbewusmakingsveldtogte.”
Ndengejeho het bygevoeg aanwysers wat geïdentifiseer is om gewenste uitkomste met betrekking tot omgewingsbestuur en klimaatsverandering te meet, hou verband met die vermindering van kweekhuisgasvrystellings, die aantal goedgekeurde afvalstortingsterreine, die vlak van nakoming van omgewingsbestuursplanne, en die inkomste wat uit heffings vir herinvestering in omgewingsbeskerming gegenereer word.
“Die sukses van Namibië se pogings om sy natuurlike hulpbronne volhoubaar te benut, te beheer, te bestuur en te beveilig hang in ’n redelike mate af van die verskillende beskikbare regshulpbronne.”
INTERDISSIPLINêRE BENADERING
Hy het gesê dit hang ook af van ’n interdissiplinêre benadering om ’n teikengerigte raamwerk vir omgewingswetgewing te ontwikkel, aangesien kennis uit ander dissiplines – onder andere biologie, chemie, mediese wetenskap, ekologie, sosiologie, ekonomie en besigheid – noodsaaklik is in die skepping van omgewingsinstellings en gesonde wetgewing.
Volgens hom word toegang tot- en gebruik van die land se biologiese diversiteit deur ’n aantal wette beheer, soos die wet op toegang tot biologiese en genetiese hulpbronne en geassosieerde tradisionele kennis; die wet op navorsing, wetenskap en tegnologie; die bosbouwet en sy wysigings; en die natuurbewaringsordonnansie en sy wysigings, onder andere.
“Die hoofvraag wat ons onsself as bewaarders van hierdie wette moet afvra, is – praat ons regsinstrumente wat toegang tot- en gebruik van ons biologiese hulpbronne verleen met mekaar? Is die prosesse van die uitreiking van hierdie permitte, sertifikate, lisensies en magtigings onderling versterkend?”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie