Klein Lilly sterk goed aan

Tanja Bause
Lilly, die renosterkalfie wat Vrydag erg gedehidreer saam met haar ouer sussie en sonder haar ma in die veld gevind is, sterk goed aan.

Me. Juliette Erdtsieck van die Rhino Momma Project het verlede Vrydag by ’n watergat ’n renosterkoei van sowat twee jaar oud en ’n klein kalfie opgemerk.

Erdtsieck wat al sewe jaar met die renosters werk, het onmiddellik vir mnr. Jaco Muller, eienaar van dié projek, in kennis gestel.

“Ek was geskok en het dadelik aangeneem die ma is gestroop, of is aan natuurlike oorsake dood. In die 11 jaar wat ek met renosters boer, het dit nog nooit gebeur dat ’n ma net haar kalfie so alleen los nie. Ek was oortuig ons soek ’n karkas,” het Muller gesê.

Muller het vir mnr. Jan Oelofse van die Mount Etjo Safari Lodge gekontak en vir ’n helikopter gevra. Daarna het hy veeartse om hulp genader.

Dr. HO Reuters was in die Khomas Hochland, maar hy het gesê hy is op pad, het direk lodge toe gery en in die helikopter geklim.

“Intussen het ek met my girokopter oor die 1 600 hektaar kamp gevlieg. Ek kon geen karkas sien nie. Ons het toe besluit om na al die koeie te soek wat ’n kalf van so twee jaar oud het. Al die renosters se ore is gemerk sodat ons hulle kan uitken. Wat normaalweg gebeur, is wanneer ’n koei kalf, jaag sy die ouer kalf weg. Dié kalf is gewoonlik ongeveer twee jaar oud.”

“Ons het die ma gekry, maar daar was geen kalf by haar nie, net ’n volwasse bul. Ons vermoed die bul het tussen die ma en die kalwers gekom en hulle verjaag. Hy probeer nou om haar in sy gebied te hou. Die kalwers het toe van hul ma af weggedwaal. Ons sien nie ons renosters elke dag nie aangesien hulle vry in die veld loop. Dus weet ons nie hoe lank die kalfie sonder melk was nie.”

Een opsie was om beide die kalf en die ma te verdoof en na ’n kamp van 16 hektaar te verskuif. Die kamp is egter bebos en beide die renosters sal nie noodwendig ná die verdowing saam wakker word nie. Ons was bekommerd die een wat eerste wakker word, hardloop weg en dan vind hulle dalk nie weer mekaar nie.

“Ons het vermoed die kalfie sal nie nog ’n nag sonder melk in die koue oorleef nie. Ons het besluit om net die kalf te verdoof en met die hand groot te maak. Ons wou nie die risiko vat nie. Ons het vir haar ’n snoesige bed gemaak met warm ligte en sy kry elke twee ure haar melk. Sy het reeds gepiepie, maar haar magie het nog nie gegaan nie, wat ons in dié stadium nog bietjie bekommer. Sy het Dinsdag ook haar eerste tree buite gegee. In die algemeen is ons tevrede en dit gaan goed met haar.”

LILLYBETH

“Ons het gedink om koningin Elizabeth se platinum-jubileum – haar 70ste jaar op die troon – te vier en het navorsing gedoen. Ons navorsing het gewys die koningin kon nie haar naam toe sy klein was, uitspreek nie en na haarself as Lillybeth verwys. Die kalfie se naam is dus Lillybeth, maar ons noem haar net Lilly.”

Kalwers word tussen die ouderdom van 16 en 18 maande gespeen.

“Die melk wat vir dié tydperk benodig gaan word, sal N$180 000 kos en dit sluit nie die glukose of probiotika in wat in die melk gemeng word nie. Ons sal so 400 kilogram glukose nodig hê. Saam met dit sal die bedrag tot meer as N$200 000 styg. Wanneer jy die arbeid bytel, sal dit sowat N$500 000 kos om haar tot op 18 maande groot te maak wanneer sy self kan begin eet.” – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!