Klimaatskrisis kreatief aangepak

Aansoeke oop tot Vrydag
Inwoners in Afrika is veral kwesbaar vir die impak van die klimaat en die maatskaplike en ekonomiese gevolge van rampe.
Kunstenaars en dié met kreatiewe bloed in hul are in Namibië en die res van Suider-Afrikaanse lande, het nog tot Vrydag tyd om hul werk aan Climate Story Lab ZA te stuur wat fokus op die globale klimaatskrisis.

Terwyl internasionale klimaatsaktiviste, beleidsmakers, nieregeringsorganisasies, regerings en inwoners op 26 September Wêreldomgewingsdag gevier het, het Florida, Amerika, homself gestaal teen die verwoestende orkaan Ian. In Suid-Afrika is 486 mense dood en 80 steeds vermis in vloede in April in KwaZulu-Natal wat veroorsaak is deur uiters hoë reënvalsyfers van 450 mm in sommige gebiede binne 48 uur.

“Dit is maar net ’n paar van die rampspoedige weerstoestande wat die afgelope ses maande ’n reuse-impak op die wêreld gehad het. Wat die kommerwekkendste is, is dat dit net erger gaan raak as ons nie ’n dramatiese verandering in ons optrede maak nie,” sê me. Anita Khanna, voorstander van klimaatgeregtigheid, vervaardiger en mededirekteur van CSL ZA.

“Ons moet regerings en maatskappye verantwoordbaar vir hul optrede hou wat daarin misluk om die erns van die situasie te erken”, sê Khanna.

“Ons is baie kwesbaar in Afrika vir die impak van die klimaat en die maatskaplike en ekonomiese gevolge van rampe. Die klimaatskrisis moet ’n daaglikse gespreksonderwerp in huishoudings, werksplekke en skole wees om werklik die kwessie van inwoners se betrokkenheid ’n hupstoot te gee. Dit sodat ons kollektiewe stemme tot in die gange van mag gaan draai.”

Volgens Khanna moet die manier verander waarop mense oor die klimaatskrisis praat en kommunikeer, iets wat met die Climate Story Lab ZA beoog word.

The Lab sal tot agt kreatiewe spanne ondersteun om hul idees te ontwikkel wat weerspieël hoe ons optrede verander kan word om die klimaatkrisis te takel en ’n toekoms te ontwikkel waarin alle lewende organismes kan floreer.

Deelnemers sal onder meer die geleentheid kry om netwerke en vennootskappe te bou met organisasies wat in die klimaatsfeer werk.

Verkose deelnemers sal vir die duur van die projek gehuisves word en alle reiskoste en maaltye sal deur CSL ZA gedek word. Films, animasie, sosialemediaveldtogte, teater, dans, komedie, digkuns, skryfkuns, potgooi en visuele kunste is van die kreatiewe projekte gemik op oud en jonk wat ingeskryf kan word.

Aansoeke kan aanlyn gedoen word by https://climatestorylabza.org/application-form.

CSL ZA kan op Instagram, Facebook, Twitter, LinkedIn gevolg word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!