Kontrakte in Sorris Sorris ‘verhoed mededinging’
NaCC stuur ondersoek van stapel
Ooreenkomste tussen die Sorris Sorris-bewaringsgebied en Ultimate Safaris in die Khorixas-distrik word erg gekritiseer.
Die Namibiese Mededingingskommissie (NaCC) het die Sorris Sorris-bewaringsgebied 30 dae gegee om sy ooreenkomste met Ultimate Safaris te beëindig.
Die NaCC meen dit is eksklusiewe kontrakte wat tot 25 jaar duur en na bewering ander maatskappye verhoed om sake in die bewaringsgebied te doen.
Nadat die kommissie in September verlede jaar ’n klag ontvang het, het hy ’n ondersoek van stapel gestuur na die beweerde teenmededingende praktyke van Ultimate Safaris, wat glo ook verskeie ander bewaringsgebiede betrek.
Volgens die kommissie dui voorlopige bevindinge daarop dat Ultimate Safaris voorkeurregte verkry het om toeristegeriewe oor groot dele van dié bewaringsgebied te ontwikkel, wat effektief mededingers blokkeer.
Die kommissie het Sorris Sorris 30 dae gegee om die ooreenkoms te beëindig en skriftelike bevestiging te verskaf dat die uitvoering daarvan gestaak is.
In ’n onlangse brief aan Sorris Sorris het die NaCC se uitvoerende hoof, Vitalis Ndalikokule, beklemtoon dat die bewaringsgebied billike en redelike geleenthede moet verseker vir ander toerisme-operateurs wat geriewe binne die gebied wil vestig.
Dit is mits hulle aan regulatoriese vereistes voldoen en bydra tot die gebied se volhoubaarheid.
“In ’n neutedop word die bewaringsgebied aangeraai om die deur oop te maak vir ander bekwame operateurs wat belangstel om in die gebied te belê,” het hy gesê.
Die NaCC het verder daarop gewys dat die ooreenkomste van 25 jaar ernstige kommer laat ontstaan het oor die impak daarvan op mededinging en die breër volhoubaarheid van Namibië se toerismesektor.
“Hierdie ooreenkomste skep ’n eksklusiewe reëling, wat aan Ultimate Safaris die alleenreg gee om toeristegeriewe binne aangewese gebiede te vestig en te bedryf. Dit sluit mededingers uit. Die lang duur van hierdie ooreenkomste vererger bekommernisse verder.”
Die kommissie het ook beklemtoon dat hierdie ooreenkomste ernstige gevolge vir markmededinging inhou. Die NaCC beweer ook dat die ooreenkomste nie regverdig waarom ander operateurs verbied moet word om in hierdie bewaringsgebied betrokke te wees nie.
“Dis die kommissie se standpunt dat hierdie ooreenkomste uiteindelik mededingers uitsluit, selfs wanneer alternatiewe opsies bestaan. Ten spyte van ’n wye verskeidenheid van alternatiewe, belemmer hierdie ooreenkomste mededinging,” het hy bygevoeg.
‘SPEELPLEK VIR RYK TOERISTE’
Sowat vyf maande gelede het gemeenskappe in bewaringsgebiede naby Khorixas, insluitend ’n plaaslike hoofman, Ultimate Safaris gekritiseer en daarvan beskuldig dat hulle bewaringspogings onder die dekmantel van renosterbeskerming manipuleer om mededingende beleggingsbelange te onderdruk.
Dit volg nadat Ultimate Safaris twee hofaansoeke ingedien het om die ontwikkeling van ’n beoogde tinmyn in die gebied te stop en die bou van ’n pad wat na die terrein lei, te verhoed. Die maatskappy het in albei gevalle tussentydse interdikte bekom, hangende die uitkoms van die sake wat hulle aanhangig gemaak het.
Gemeenskapsaktiviste voer aan dat hul streek ’n speelplek vir ryk toeriste geword het, met min ekonomiese voordeel wat plaaslike inwoners bereik. Hulle dring daarop aan dat verantwoordelike mynbedrywighede werk sal skep en die hoë vlakke van armoede in die gebied sal verlig.
“Ultimate Safaris maak miljoene uit hierdie gebied, maar ons, die gemeenskap, kry niks. Hulle het 28 werknemers, terwyl die myn in sy eerste fase 140 mense in diens sal neem. Hoekom kan hulle nie saambestaan nie?” het ’n pensioenaris van Khorixas, Leonard Hoaeb, aan Network Media Hub (NMH) gesê.
Die eienaar van die mynkleims in die gebied – wie Ultimate Safaris hof toe gesleep het – Timoteus Mashuna beweer Ultimate Safaris se hofaksies is ’n agterbakse strategie om ’n monopolie op sake in die gebied te hê.
“Om sake te vererger, het Ultimate Safaris eers ’n raadplegende vergadering met die gemeenskap gehou nadat hulle ’n hofinterdik teen my verkry het.
“Hulle het na daardie vergadering gegaan en mense gevra om beëdigde verklarings te onderteken wat hul saak ondersteun. Hulle het geen respek vir die gemeenskap waarin hulle bedrywig is nie,” het hy opgemerk.
Ultimate Safaris het dit teengestaan en aangevoer dat Mashuna se omgewingsklaringsertifikate nie die potensiële toename in stropery in ag geneem het as gevolg van menslike bedrywighede wat met mynbou verband hou nie.
Die maatskappy het ook beweer die verslag het die potensiële impak van mynbedrywighede, soos die gebruik van swaar masjinerie en skietwerk, op renosterbevolkings uitgelaat.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie