FOTO TER ILLUSTRASIE.
FOTO TER ILLUSTRASIE.

Krokodil skuil in dam

Sowat 1,6 m lank
Opsies sluit in om die krokodil te verwyder afhangend van die omstandighede en die nodige permit.
Tuyeimo Haidula
Die raadslid van die Onesi-kiesafdeling in Omusati, Festus Petrus, het inwoners van Onesi en omliggende gebied gewaarsku om nie tans in die Etakodam vis te vang terwyl beamptes probeer om 'n krokodil te verwyder wat hier gewaar is nie.

Die Etakodam is in die Onesi-distrik geleë en strek 14 kilometer van noord na suid. Petrus het aan Network Media Hub (NMH) gesê die teenwoordigheid van die krokodil hou 'n risiko en gevaar vir beide inwoners en lewende hawe in. Hy het daarom gemaan dat inwoners die dam tans eerder moet vermy en nie hier moet probeer visvang nie.

Volgens Petrus is die krokodil Vrydag (3 Januarie) in die middag gewaar deur inwoners wat besig was om vis te vang.

"Ek was ook in die gebied, nadat hulle my daarvan vertel en ek dit gaan bevestig het. Ek het 'n video-opname gemaak om lede van die publiek in te lig, asook die beamptes van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme," het hy gesê.

Volgens Petrus is hulle reeds in 2003/4 oor die potensiële teenwoordighed van die krokodil in die dam bewus gemaak, maar is dit as blote praatjies afgemaak omdat niemand die dier gesien het nie.

Hy het Sondag saam met beamptes die dam besoek en die keer het die krokodil sy verskyning gemaak maar 'n ent wegbeweeg van die plek waar dit die eerste keer gesien is.

"Toe die beamptes die dier gemeet het, het hulle gesê die krokodil is sowat 1,6 meter. 'n Groot krokodil kan tot 5 meter lank wees. Maar net omdat dit klein is, beteken dit nie dit is nie gevaarlik nie. Ons wag saam met vier polisiebeamptes, die omgewingsministerie en ook die Omusati-streeksraad vir 'n boot en net om die krokodil te verwyder," het hy gesê.

Volgens Petrus kan daar nog krokodille in die dam wees en het hy inwoners gemaan om versigtig te wees terwyl die ministerie voortgaan om die situasie te monitor.

Die ministerie se woordvoerder Romeo Muyunda het bevestig dat die ministerie die situasie monitor om op gepaste optrede te besluit. Volgens Muyunda sluit opsies in om die krokodil te verwyder afhangend van die omstandighede en die nodige permit.

"Ons maan inwoners in die gebied om versigtig rondom die dier te wees. Moenie die krokodil steur of tot optrede oorgaan en dit seermaak nie," het hy gesê. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 17° | 27° Rundu: 19° | 26° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 23° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 18° | 29° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 29° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 18° | 22° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 22° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 18° | 28° Harare: 16° | 22° #REF! #REF!