Crocodile
Crocodile

Krokodiltenders: Drie reeds ontvang

Kristien Kruger
Ellanie Smit – Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme beoordeel tans tenders vir 40 krokodille wat te koop aangebied word in ’n poging om mens-wild konflik te verminder.

Romeo Muyunda, die ministeriewoordvoerder, sê drie aanbiedinge is reeds ontvang nadat die tenderproses verlede maand geadverteer is.

Die krokodille wat verkoop gaan word, is almal volwassenes en sal nie groter as drie meter wees nie.

Volgens Muyunda sou die beoordeling van die tenders na verwagting teen die afgelope Vrydag afgehandel wees.

Koeverte waarin tenderaansoeke verseël is word slegs oopgemaak soos elkeen beoordeel word en daarom kan die ministerie nie sê of al die aanbiedinge van Namibiese entiteite is nie, het hy verduidelik.

“Die beoordelingsproses sal die ministerie inlig oor wat gedoen moet word – of die tenders aan die vereistes voldoen en of dit weer geadverteer moet word.”

VERLIESE

Die ministerie het sedert 2019 kompensasie van meer as N$2,3 miljoen betaal vir verliese wat deur krokodille veroorsaak is.

Dit sluit N$575 000 in vir 195 gevalle van veeverlies, N$140 000 vir 14 gevalle waarin mense beseer is en meer as N$1,6 miljoen vir mense wat in krokodilaanvalle dood is.

Muyunda het gesê die besluit om die 40 krokodille te verkoop het ten doel om hierdie voorvalle te minimaliseer en die impak van konflik met krokodille op gemeenskappe te versag.

Dit is ook in ooreenstemming met ’n aanbeveling by ’n onlangse konferensie oor wildkonflikbestuur.

Die ministerie het voorheen gemeenskappe wat langs riviere in die noordelike- en noordoostelike streke woon, asook die algemene publiek, gemaan om versigtig te wees.

’n Beroep is ook gedoen op ouers en gemeenskapsleiers wat langs riviere woon, om kinders nie in hierdie riviere te laat swem of bad nie.

Die ministerie het bygevoeg hy verstaan dat gemeenskappe soms van die riviere afhanklik is vir hul lewensbestaan, maar het mense aangemoedig om dit veilig te doen deur te alle tye die nodige voorsorgmaatreëls te tref.

“Kinders moenie toegelaat word om self water te gaan haal nie, maar eerder onder toesig van ’n ouer persoon. Ons ontmoedig dit ten sterkste om aktiwiteite soos klere in of naby die rivier uit te voer,” het die ministerie gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!