Kuiseb nog vol water
Die foto is Vrydag tydens ‘n vlug oor grasgroen Namibië geneem. Dit wys die brug wat op die C14-pad tussen Walvisbaai en Helmeringhausen oor die Kuisebrivier staan. Daar is nog baie water in die rivier, wat verlede week die laaste rivier was wat die see bereik het. Die Omarururivier het die Omdeldam by Hentiesbaai bereik en al die ander riviere insluitend die Swakop, Hoanib, Hoarusib, Khumib, Huab en Ugab het vroeër die see ingeloop. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie