Kyk noord vir komeet vroeg in Februarie
Naaste aan aarde sedert ystydperk
Hoe verder noord vanaf die Kaap, hoe beter is jou kans om die komeet eerste te sien – selfs vóór 4 Februarie.
Die komeet C/2022 E3 (ZTF) bereik op 2 Februarie sy naaste punt aan die aarde sedert die ystydperk van sowat 50 000 jaar gelede.
Dit mag dalk selfs helder genoeg raak om met die blote oog waar te neem.
Boonop behoort dit vanaf 4 Februarie ook plaaslik gesien te kan word, waar dit aanvanklik naby die ster Alpha Aurigae (Capella) sal verskyn en teen die 10de en 11de naby Mars mag skyn, voor dit op die 15de langs die ster Alpha Tauri (Aldebaran) sal wees.
Nasa sê die komeet het reeds op 12 Januarie sy naaste punt aan die son bereik en sal op 2 Februarie ook sy naaste punt aan die aarde bereik. Dan sal dit sowat 42 miljoen kilometer van die aarde af weg wees.
Alhoewel komete onvoorspelbaar is, sal dit na verwagting al hoe helderder word en moontlik eindelik ’n helderheidsgraad van meer as 6 hê, volgens die COBS-waarnemingsdatabasis vir komete.
In dié geval sal jy dit met die blote oog vanuit ’n donker ligging kan sien.
Volgens die databasis sal die komeet op 1 Februarie op sy helderste wees, waarna dit weer dowwer kan raak. Toeskouers word aangeraai om ’n verkyker of teleskoop te gebruik om die komeet beter te kan sien.
Die Suid-Kaapse Astronomie-klub het onlangs kaarte van die naghemel aan sy lede verskaf “wat deur toeskouers oraloor Suid-Afrika” gebruik kan word, waarvolgens die komeet vanaf 5 tot 12 Februarie al hoe hoër in die naghemel gesien sal kan word.
Hoe verder noord vanaf die Kaap, hoe beter is jou kans om die komeet eerste te sien – selfs vóór 4 Februarie, het die klub gesê.
Op 5 en 6 Februarie sal die komeet sy verskyning teen 20:30 net bo die noordelike horison maak en sal die beste tot 21:20 gesien kan word. Daarna sal die komeet daagliks hoër beweeg, tot dit op 12 Februarie digby Mars gesien sal kan word.
Australië se Sir Thomas Brisbane Planetarium sê die komeet sal waarskynlik soos ’n dowwe ligkol vertoon – dalk met ’n dowwe stert regs bo.
Die planetarium verduidelik dat ons sonnestelsel waarskynlik “triljoene komete” het, maar dat slegs ’n redelike klein hoeveelheid daarvan na die middelpunt van die sonnestelsel reis. Nog minder is merkwaardig en kan met die blote oog waargeneem word.
“Die komeet kon tot dusver die beste vanuit die Noordelike Halfrond waargeneem word,” is gesê.
Die komeet se naam dui aan in watter jaar en maand dit ontdek is, asook die hoeveelste komeet dit is om in die spesifieke tydperk ontdek te word. Die laaste deel van die komeet se naam verwys na die persoon of instansie wat dit ontdek het. In die geval is dit deur die Zwicky Transient Facility (ZTF) ontdek.
Die naam C/2022 E3 (ZTF) beteken dus dat die komeet (C/) die derde een (3) is om in die eerste helfte van Maart in 2022 (periode 2022 E) ontdek te word en dat dit deur die Zwicky Transient Facility (ZTF) ontdek is.
Die komeet is ’n paraboliese komeet; dit wil sê ’n komeet wat van ’n wentelbaan in die Oortwolk ontwrig is en deur die middelpunt van ons sonnestelsel op ’n paraboliese wentelbaan beweeg, wat dit waarskynlik nie weer sal laat terugkeer hierheen nie.
Hierdie paraboliese trajek is teen ’n hoek van 109 grade gekantel, as dit met die sonnestelsel vergelyk word.
Bronne: Nasa, Southern Cape Astronomy Club, Sir Thomas Brisbane Planetarium, www.sky.org.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie