Maan
Maan

Kyk nou aanlyn na die bloedmaan

Vandag se bloedmaan, wat om 10:00 vanoggend Namibiese tyd begin, is slegs sigbaar vanaf Noord-Amerika, die Stille Oseaan-gebied asook Asië.

Dit is egter die laaste totale maansverduistering vir die volgende drie jaar. Namibiërs wat dus na die maansverduistering wil kyk, sal dit aanlyn moet doen.

Tydens vandag se totale verduistering sal die hele maan deur die donkerste deel van die aarde se skaduwee beweeg. Dit beteken die maan skuif heeltemal agter ons planeet in, met die son aan die teenoorgestelde kant. Dit sal aan die maan ‘n besondere rooi kleur verleen – daarvandaan die verwysing na ‘n "bloedmaan" – iets wat net tydens ‘n totale maansverduistering gebeur.

Die volgende totale maansverduisterings vind eers weer in 2025 plaas en sal slegs gedeeltelik vanaf Namibië gesien kan word. Gedeeltelike maansverduisterings sal ook nog intussen voorkom.

Vir die volgende totale maansverduistering wat van die begin tot die einde vanuit Namibië sigbaar sal wees, sal daar tot 20 Desember 2029 gewag moet word. Vir hierdie maansverduistering is Namibië ideaal geleë om aan sterreliefhebbers van die beste skouspelle ter wêreld te bied.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!