Lafenis vir droë Suide
Namibiërs jubel oor goeie en swaar neerslae wat die afgelope twee dae in veral droogtegeteisterde gebiede die hoop laat opvlam het vir ‘n goeie reënseisoen wat voorlê. Veral in die suide van die land waar boere die afgelope paar jaar geknel word deur erge droogte, bring die welkome reën die hoop dat dit die begin is van ‘n natter en groener nuwe jaar. Op Namibië Reën/Weer het Henriette la Grange wat aan die stuur van Droogtehulp Namibië staan die volgende syfers uit die suide gedeel: Narris noordoos van Mariental 50 mm;
Mariental-dorp 21 mm, Uitkoms 26km oos van Aranos 44mm;
Swartwater 30km oos van Aranos 43mm; Leonardville-dorp 26mm; Geikous 18 en Alabama 27 mm; Marella 40 mm; Schneider-Oos 24 mm, Morester 22 mm; 68km suidoos van Gochas 16 mm; Mariental-bodorp 49,5mm; Aranos 16 mm; Groot Karasberge tussen 26-50mm; Nuwerus 6mm; Mariental-dorp 30 - 49,5mm; Hardapskema suid van die melkplaas 53mm; Narris 18km uit Mariental op Stamprietpad 50mm. In die Otavi-omgewing is die volgende syfers aangeteken: Onjima 85mm; Middelpos 55mm; Hannelie-pos 60mm; Sinkpos 30mm; Grenspos 28mm; Olifanthek 95mm; Rooidraai 95mm; Kudu-hek 45mm en Mopani 50mm.
Die Namibiese weerdienste voorspel vir vandag die moontlikheid van swaar neerslae in Khomas, Omaheke en Otjozondjupa.
Foto's: Namibië Reën/Weer

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie