Langnekke laat die koppe draai
Studie oor kraniale morfologie
Die onderskeid tussen vier kameelperdespesies is bevestig in 'n studie wat die skedelmorfologie van 515 kameelperde ontleed het.
Die kameelperd is een van die wêreld se mees ikoniese en unieke soogdiere en het die menslike verbeelding deur die eeue aangegryp.
Verbasend genoeg het wetenskaplikes maar ’n paar jaar gelede ontdek daar is vier verskillende soorte kameelperdspesies op grond van hul genetika en nie soos voorheen aanvaar dat daar net een spesie is nie. Hierdie onderskeid is verder bevestig in nuwe studie wat die skedelmorfologie van kameelperde ontleed.
Met net sowat 117 000 kameelperde wat in die natuur in Afrika voorkom, is hierdie bevindings noodsaaklik en beklemtoon die belangrikheid daarvan om uiteindelik lig te werp op die uitwissing van hierdie diere.
Kameelperde se taksonomie en evolusie is breedvoerig bespreek met verskillende teorieë wat na vore gekom het, maar innoverende genomiese navorsing deur die Kameelperdbewaringstigting (GCF), Senckenberg Biodiversiteit- en Klimaatnavorsingsentrum en ander vennote het die onderskeid tussen vier spesies byna ’n dekade gelede onthul, naamlik die Masai, noordelike, suidelike en gevlekte kameelperd.
Hoewel daar teorieë was van verskille in die voorkoms van verskillende kameelperdspesies, het geen studie dit sistematies ontleed nie.
Om meer te verstaan, het die GCF ’n samewerkende navorsingsprojek aangepak deur sleutelmedewerkers van die Universiteit van Kaapstad, Universidad Autónoma de Madrid, verskeie Europese universiteite sowel as verskeie Afrika-regeringsvennote te betrek.
Prof. Anusuya Chinsamy van die Universiteit van Kaapstad en prof. Jesús Marugán-Lobón van die Universidad Autónoma de Madrid beklemtoon dat “hierdie studie ’n fantastiese voorbeeld is van suksesvolle interdissiplinêre samewerking in wetenskap wat ’n belangrike bydrae tot kameelperdbewaring gemaak het en hopelik’n lang pad sal gaan om hierdie ikoniese diere in Afrika te red”.
Wêreldwye navorsing
Hierdie jongste studie het die grootste bekende datastel vir enige medium tot groot diere saamgestel deur 515 kameelperdskedels van nasionale parke, wildplase, taksidermisse en museumversamelings wêreldwyd driedimensioneel (3D) te skandeer.
Deur gebruik te maak van 3D geometriese morfometriese ontleding, was dit geen verrassing dat die studie duidelike verskille tussen manlike en vroulike kameelperdskedels getoon het nie. Dit was egter onverwags dat die resultate die bestaan van vier afsonderlike kameelperdspesies bevestig het in ooreenstemming met vorige genetiese ontleding: Die verskillende spesies het ook duidelike kraniale morfologieë, grootliks gekoppel aan die horingagtige strukture op hul skedels.
Die feit dat daar vier afsonderlike kameelperdspesies is, waarvan sommige met kommerwekkend lae getalle in die natuur oorbly, het duidelike implikasies vir hul bewaring en beklemtoon die belangrikheid daarvan om wetenskap te gebruik om kritieke besluite vir biodiversiteitsbewaring te lei.
Dr. Julian Fennessy, direkteur van bewaring by die GCF en mede-outeur, sê byna ’n dekade gelede het hul genetiese navorsing die bestaan van vier kameelperdspesies getoon. “Nou het ons samewerkende morfologiese navorsing dit bevestig. Dit is tyd dat die wêreld bewus raak van kameelperde, veral die Wêreldbewaringsorganisasie (IUCN) en die verouderde taksonomie van hierdie diere verander om aan hulle die status te gee wat hulle verdien.
“Bewaringspogings moet al vier spesies teiken – veral dié met bedenklik lae getalle – voordat dit te laat is. Wetenskap is wetenskap en feite is feite. Ek hoop dat enige debat oor kameelperd-taksonomie uiteindelik sal stop, aangesien ons nou moet optree om elkeen van hierdie ikoniese spesies te red.”
GCF se uitvoerende direkteur, Stephanie Fennessy, het gesê dat die stigting as ’n klein organisasie steeds ’n groot verskil en impak vir kameelperde in Afrika maak en aan die voorpunt van bewaring is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie