No Image Caption

Ligte aardbewing naby Rosh Pinah

Henriette Lamprecht
’n Aardbewing het Saterdag omstreeks 06:48 sowat 184 kilometer suidoos van Lüderitz en 41 kilometer noord van Rosh Pinah voorgekom.

Volgens die adjunk- uitvoerende direkteur vir geologiese opnames in die ministerie van myne en energie, me. Gloria Simubali, is die aardbewing deur vyf seismiese stasies van die Namibiese Seismologiese Netwerk aangeteken en wel in Windhoek, Kamanjab, Karibib, Ariamsvlei en Aus.

Die aardbewing het 3.3 op die Richterskaal bereik en was vlak op ’n diepte van minder as 15 kilometer.

Simubalie het mense gemaan om wanneer hulle binnenshuis tydens ’n aardbewing is, skuiling onder ’n tafel te soek of indien moontlik veilig na buite te beweeg.

In die buitelug behoort skuiling gevind te word op ’n veilige plek weg van geboue, bome of kraglyne.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!