Los die selfies!
Die ministerie van die omgewing en toerisme se beheerbewaarder vir die noordelike streke, Loveness Ndeiweda, het ’n streng waarskuwing aan lede van die publiek gerig om nie in die naam van ’n selfie en ’n aanlyn video met wilde diere te speel nie.
Hy het gemaan die gemeenskap behoort eerder weg te bly van wilde diere en hulle nie uit te lok nie.
Dit volg nadat ’n man van die Epalela-omgewing in die Onesi-kiesafdeling in die Omusatistreek Saterdagmiddag deur ’n krokodil aangeval is nadat lede van die gemeenskap foto’s en video’s saam met die beseerde krokodil geneem het.
’n Voertuig het na bewering Vrydag die krokodil raakgery, met video’s wat op sosiale media versprei is waarin lede van die gemeenskap beurte maak om selfies en video’s te neem waar hulle aan die beseerde dier se stert raak. Die krokodil het egter teruggeveg en ’n man se arm gegryp. Hy is na die naaste hospitaal gehaas en sy toestand is as “stabiel” beskryf.
Ndeiweda het die optrede van die gemeenskap as “onaanvaarbaar” beskryf en gesê dit is teen die beleid vir die bestuur van mens-dier-konflik.
“Hoe op aarde neem jy selfies saam met ’n roofdier? Dit is onaanvaarbaar en mense is nie veronderstel om so op te tree nie,” het hy in ’n onderhoud met Network Media Hub (NMH) gesê.
Ndeiweda het beklemtoon in sulke gevalle kwalifiseer die persoon nie vir vergoeding volgens die mens-dier-beleid nie, omdat dit nalatigheid aan die kant van die persoon was.
VERGOEDING
Die ministerie het in September verlede jaar aangekondig die vergoeding vir die verlies van beeste is N$5 000, bokke N$800; skape N$800; perde N$1 500; donkies N$1 000 en varke N$1 000.
Die vergoeding vir skade aan gewasse vir ’n kwart hektaar is N$500 en vir ’n volle hektaar N$2 000. Vergoeding vir beserings sonder die verlies van ’n liggaamsdeel is N$15 000; beserings met die verlies van liggaamsdele is N$40 000 en permanente ongeskiktheid is N$100 000. Die bedrag vir menslike sterftes bly sedert 2018 onveranderd op N$100 000.
“As ’n persoon gaan water haal en in die proses aangeval word, is dit ’n ander scenario,” het Ndeiweda gesê.
Hy het bygevoeg die publiek moenie enige wildlewe nader nie, maar eerder beamptes van die ministerie inlig sou hulle luiperds, leeus of enige ander dier in hul omgewing gewaar.
Beamptes van die minister het die betrokke krokodil verwyder en het dit gevolglik van kant gemaak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie