Mariene lewe op voorgrond
Behoud van oseane se biodiversiteit
As deel van die VN-lande beoog Namibië om die huidige beskerming van die Eksklusiewe Ekonomiese Sone, wat 1,7% van ons mariene beskermde gebiede is, tot 15% te verhoog.
Jemimah Ndebele – ’n Geskiedkundige regsbindende “oseane-verdrag” is ná twee weke van onderhandelinge by die Verenigde Nasies (VN) se hoofkantoor in New York onderteken, twee dekades nadat die eerste saadjie hiervoor geplant is.
Die ooreenkoms gee regerings die middele om reservate te skep en daaroor toesig te hou vir die behoud van die biodiversiteit van die oseane. Die hoofdoel is om 30% van die oopsee teen 2030 in beskermde gebiede te plaas.
Volgens VN-statistiek word slegs 1,2% van internasionale waters beskerm, en slegs 0,8% word as "hoogsbeskermd" geïdentifiseer.
“Die verdrag is vir die oopsee (internasionale waters) en nie vir die Eksklusiewe Ekonomiese Sone (EEZ)
waaronder Namibiese waters val nie. As deel van die VN-lande beoog Namibië om die huidige beskerming van EEZ wat 1,7% van ons mariene beskermde gebiede is, tot 15% te verhoog. Die land sal voortgaan om met alle verwante rolspelers saam te werk om te verseker die doelwit word bereik,” verduidelik Uaripi Katjiukua, woordvoerder van die ministerie van visserye en mariene hulpbronne.
Die historiese verdrag bevat ook die belofte deur ondertekenaars om oseaanhulpbronne te deel, sowel as omgewingsevaluerings om die potensiële skade van kommersiële aktiwiteite soos diepsee-mynbou te bepaal voordat dit begin.
"Dit is 'n teken dat die beskerming van die natuur en mense in 'n verdeelde wêreld oor geopolitiek kan seëvier," het Laura Meller, oseane-aktivis by Greenpeace Nordic, in 'n verklaring gesê.
Die nuwe oseane-verdrag het ten doel om daardie leemtes te vul deur die regsmomentum te verskaf om mariene beskermde gebiede in internasionale waters te skep en te bestuur. Kenners sê dit sal noodsaaklik wees om wêreldwye biodiversiteitsbeloftes na te kom wat nasies gemaak het by COP15, die VN se biodiversiteitskonferensie in Montreal, Amerika, in Desember.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie