Maritieme wetgewing hervorm
Die adjunk- eerste minister en minister van werke en vervoer John Mutorwa het verlede week die Arbeidskonvensie van 2006 in die parlement ter tafel gelê. Mutorwa het dit as die ‘seevaarders se handves van regte,’ beskryf en gesê dit stel internasionale standaarde vir die regverdige behandeling van seevarende personeel.
Die konvensie is in Februarie 2006 deur die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) aangeneem en is sedert 2013 van krag in lande waar dit bekragtig is. Dit is laas in 2016 gewysig.
“As ‘n nasie wat aansienlik afhanklik is van maritieme handel, het die kabinet in 2019 die ministerie van werke en vervoer opdrag gegee om die bekragtigingsproses aan te spoor,” sê Mutorwa.
“Die aanvaarding en bekragtiging van die konvensie dui dus daarop dat Namibië as ‘n land die kritieke rol erken wat seevaarders speel en ook die nood om te verseker dat hulle, net soos enige ander personeel op land, ordentlike werksomstandighede geniet. Dit verseker ook dat eienaars beskerm word van skepe wat die wet onderhou, teenoor eienaars van skepe wat substandaard is en wat die veiligheid van werknemers en die maritieme omgewing in gevaar stel.
“Deur die konvensie te bekragtig toon ons toewyding tot die veiligheid, welvaart en waardigheid van die mane en vroue wat op see werk,” sê die minister. Hy het ook verwys na die regering se plan om die wetlike maritieme raamwerk te versterk, regverdige mededinging te bevorder, en belegging tot die sektor te lok.
Die bekragtiging van die konvensie sal substandaard vaartuie verbied om Namibië se hawens te besoek. Verder vergemaklik dit die inspeksie, sertifisering en beheer oor skepe deur Namibiese owerhede, het Mutorwa gesê.
Onder meer stel die konvensie die beperkings vas op die minimum ouderdom vir seevarende personeel, werknemersooreenkomste, werksure, beloning, jaarlikse verlof, terugkeer teen die einde van ‘n kontrak, mediese sorg aanboord, gebruike van die huur van arbeid, behuising, kos, gesondheid en veiligheid.
“Die konvensie bring dus op een plek internasionale minimum standaarde saam, met betrekking tot ordentlike werk vir sowat 1,5 miljoen seevarende personeel van oraloor die wêreld. Dit is noodsaaklik vir internasionale handel en toenemend toerisme en ontspanningsaktiwiteite,” sê Mutorwa.
Die adjunk eerste minister het verlede week ook die gewysigde Afrika Maritieme vervoerhandves aan die huidige parlement voorgestel. Namibië het die oorspronklike handves in Julie 1999 onderteken, maar nog nooit bekragtig nie. Die handves is sedertdien in 2010 hersien, en daarna in Maart 2013 weer deur Namibië onderteken.
Mutorwa sê die handves is in lyn met Namibië se bevordering van intra-Afrika handel, hervorming van hawens, bevordering van skeepsbou- en herstelgeriewe, asook opleiding en kapasiteitsbou in die maritieme sektor. Namibië se deelname aan die Benguela-seestroom Kommissie en die Groter Benguela Maritieme Ekostelsel is in lyn met die handves wat ook ooreenstem met die prioriteit wat maritieme vervoer in Namibië se vervoerbeleid geniet. Die Blou Ekonomie Komitee se vestiging is ook in lyn met die handves, het die minister gesê.
“Die versuim om die hersiende handves te bekragtig, sal die streek en die vasteland se siening van Namibië as ‘n opkomende streekswye maritieme logistieke middelpunt ontspoor,” het Mutorwa gewaarsku. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie