Mars binnekort op sy helderste

Opwindende ‘program’ vir die hemelruim
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Terwyl sommige wêreldgebiede dié week die voorreg gehad het om die laaste bloedmaan tot 2025 te kon besigtig, is daar nog ’n kans vir Namibiërs om opwindende gebeurtenisse in die hemelruim te aanskou.

Op 12 November bereik Mars en die maan konjunksie in regte klimming, dae nadat die maan ook konjunksie met Jupiter en Saturnus bereik het. Dit beteken dat die voorwerpe skynbaar “saam dans” en dieselfde trajek deur die naghemel volg.

Op 29 November is dit weer Saturnus se beurt vir ’n “maandans”.

Mars bereik teen 8 Desember opposisie en behoort baie helder te skyn, selfs helderder as die meeste sterre in die naghemel. Dit gebeur net sowat elke 26 maande, wat beteken Mars sal ook eers weer in Januarie 2025 só mooi vertoon.

Desember kom ook, soos gewoonlik, met verskeie sterrereëns.

METEOORREËNS

Die Leonides-meteoorreën, wat jaarliks gedurende November gesien kan word, bereik sy piek tussen 17 en 18 November.

Dit word opgevolg deur die Geminides-meteoorreën, wat jaarliks gedurende Desember gesien kan word. Vanjaar bereik dit ’n hoogtepunt tussen 14 en 15 Desember.

Die afgelope Dinsdag se totale maansverduistering was slegs sigbaar vanaf Noord-Amerika, die Stille Oseaan-gebied asook Asië. Namibiërs sal tot 20 Desember 2029 moet wag vir ‘n volgende totale maansverduistering, wat van die begin tot die einde plaaslik sigbaar sal wees.

Intussen sal daar egter gedeeltelike of halfskadu-verduisterings gesien kan word. Die twee totale maansverduisterings in 2025 sal wel gedeeltelik plaaslik gesien kan word.

Maansverduisterings gaan gewoonlik gepaard met sonsverduisterings. Die volgende gedeeltelike sonsverduistering wat in Namibië gesien kan word, is in Januarie 2026, terwyl ’n totale sonsverduistering eers op 25 November 2030 in Namibië sal voorkom.

Bronne: timeanddate.com, earthsky.com, space.com

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!