Meer as 130 seekoeie gestrand in Chobe-modderpoel
Shifeta besoek rivier
Die omgewingsminister sê meer boorgate moet geboor en water gepomp word om mense en diere te red.
Die versengende droogte is besig om sy tol op wilde diere te eis met sowat 135 seekoeie wat gestrand is in ’n modderpoel in die Choberivier wat besig is om op te droog.
Die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, Pohamba Shifeta, het Woensdag die gebied in die Salambala-bewaringsgebied in die Zambezistreek besoek om ondersoek in te stel.
Shifeta sê die standhoudende rivier is so droog dat ’n mens vanaf Namibië deur die rivier na Botswana kan stap of ry en boonop is dit nie die enigste plek waar seekoeie in modderpoele gestrand is nie.
“Die diere is in ’n kritieke toestand en ons sal meer boorgate moet boor om hulle te red. Die pompkapasiteit sal verhoog moet word en ons gebruik die kragopwekkers wat ons gekoop het.”
Hy sê die kwessie word met die owerhede van Botswana ook bespreek, want behalwe vir die wilde diere wat water in die rivier suip, gebruik vee en gemeenskapslede aan beide kante van die rivier hierdie water.
“Ons moet dus meer boorgate boor om nie net mense te red nie, maar ook ander wilde diere in die gebied.”
Shifeta meen die droë rivier is ’n aanduiding van ernstige klimaatsverandering met vanjaar se droogte wat hy erger as 2019 se droogte beskryf.
“Dit is nou erger met meer as 130 seekoeie wat in modderpoele gestrand is. In 2019 het ons tussen 80 en 90 gestrande seekoeie gehad.”
Die minister sê volgens wildwagters is die situasie erger by ander dele van die rivier.
“Die seekoeie moet na ander poele migreer, maar ons moet steeds water pomp. Ons moet geld kry om meer boorgate te boor en water te pomp. Ons wil nie enige sterftes hê nie,” het Shifeta beklemtoon.
Die Zambezirivier by Katima Mulilo se vlak staan tans volgens die jongste hidrologiese bulletin op 1,85 meter en die vlak van die Kavangorivier by Rundu daal ook geleidelik en het op 4,47 meter gestaan.
President Nangolo Mbumba het einde Mei die droogte as ’n nasionale ramptoestand in al 14 streke van die land verklaar waarvoor N$825 miljoen begroot is.
Hy het dit selfs as die ergste droogte in 100 jaar beskryf.
As deel van die kantoor van die eerste minister se droogtehulpverligtingsprogram is verskeie wildspesies geoormerk om gejag te word om noodvoedsel te voorsien. Dertig seekoeie moet onder meer gejag word om vleis aan gemeenskappe te verskaf.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie