Meer as 70 vas vir renosterstropery
Namibië het een van sy ergste jare in meer as ’n dekade beleef met betrekking tot renosterstropery.
Sowat 81 renosters is onwettig gejag, terwyl 77 verdagtes vir renosterverwante misdade in hegtenis geneem is.
Ander jare waar kommerwekkende hoë getalle van renosterstropery aangeteken is, was 2015 toe 97 renoster gestroop is, gevolg deur 84 gevalle in 2018 en 94 in 2022.
Dit is volgens ’n verslag wat Namibië by die 78ste vergadering van die Konvensie vir die Handel in Bedreigde Spesies (Cites) in Genève in Switserland ingedien het. Die vergadering het vanaf 3 tot 8 Februarie plaasgevind.
“Wat die neiging van die onwettige jag van renosters betref, het Namibië een van sy ergste jare van renosterstropery in 2022 beleef met 94 gevalle van renosterstropery wat aangeteken is. Dis ’n aansienlike toename teenoor die vorige jare," lui die verslag.
Die verslag het verder daarop gewys dat die aantal aangemelde stroperyvoorvalle gedurende 2023 tot 77 voorvalle gedaal het. Kommer bestaan egter steeds weens die ongekende aantal stropers wat renostergebiede binnegaan.
“Hierdie neiging het in 2024 voortgeduur en die land het sy vierde ergste jaar van stropery aangemeld met 81 diere wat gestroop is.”
Volgens die verslag is ’n aantal ingrypings vanaf Mei 2024 geïmplementeer en gedurende die tweede helfte van 2024 het Namibië slegs 22 renosters verloor vergeleke met 59 diere wat in die eerste helfte van dieselfde jaar gestroop is.
Die verslag het verder bygevoeg daar is op altesaam 14 renosterhorings in 2024 beslag gelê in vergelyking met 21 in 2023.
Altesaam 77 verdagtes is ook vir renosterverwante misdade gearresteer, waarvan 59 steeds in aanhouding is en 18 borgtog toegestaan is.
Van diegene wat in hegtenis geneem en verdagtes is, is 73 Namibiese burgers, terwyl die oorblywende vier Angolese burgers is.
Verder is 15 vuurwapens gekonfiskeer en ses voertuie geskut.
STRATEGIE
Strategiese ingrypings wat toegepas of verbeter is, sluit in dat alle K9-eenhede in Mei verlede jaar opvolgopleiding ontvang het.
Namibië volg ook die hersiene nasionale strategie vir wildbeskerming en wetstoepassing (2021 tot 2025) wat beleidsvoorskrifte en raamwerke verskaf vir algemene benaderings tot die beskerming en bewaring van wild.
Die strategie bied ’n oorkoepelende oorsig van die beskerming van wild en benaderings vir wetstoepassing. Dit sluit meer besonderhede in oor ’n strategiese program vir wildbeskerming en wetstoepassing, ondersoeke en vervolging en die beskerming van renosters binne en buite beskermde gebiede.
Dit maak ook voorsiening vir die doeltreffende toepassing van wette wat hulpbronne in die land beheer.
Volgens die verslag het ’n hersiening van hierdie strategie gedurende Junie 2024 plaasgevind, met die fokus op integriteitbestuurstelsels vir die toekoms.
Hierdie strategie het gelei tot die insluiting van perde-eenhede in twee van Namibië se nasionale parke.
Dit het ook die installering van geslotekringtelevisie (CCTV)-kamerastelsels aangemoedig om monitering en sekuriteit in sommige van die strategiese gebiede in nasionale parke te verbeter.
TAAKSPAN
Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme werk nou saam met die polisie, die nasionale weermag (NDF) en nasionale intelligensie om wildmisdaad landswyd te bekamp.
Luidens die verslag is die Blue Rhino-taakspan deur die ondersoekeenheid van die ministerie en die beskermde hulpbronafdeling saamgestel en sluit lede van al die bogenoemde entiteite in.
Lede van die polisie en NDF is in verskeie nasionale parke en die Kunenestreek ontplooi en die taakspan hanteer alle renoster-, olifant- en ietermago-verwante voorvalle.
Die regering het ook voortgegaan om saam met nieregeringsorganisasies (NGO’s) soos Save the Rhino Trust Namibia (SRT) en die Geïntegreerde Landelike Ontwikkeling en Natuurbewaring (IRDNC), veral in die Kunenestreek te werk.
Op internasionale vlak het Namibië bande met buurlande en wêreldwye wetstoepassingsagentskappe versterk.
In Junie 2024 het die regering amptelik die Black Rhinoceros Custodianship Program-strategie (2024-’33) goedgekeur, wat daarop gemik is om samewerking met private grondeienaars wat by renosterbewaring betrokke is, te verbeter.
Verder werk Namibiese owerhede nou saam met Interpol en Angolese wetstoepassingsagentskappe om stroperysindikate vas te trek, aangesien die meeste Namibiese renosterhorings deur Angola versmokkel word.
– [email protected]

Kommentaar
Piet Oelofse
77 Verdagtes gearresteer, maar geen woord word gerep oor hoeveel al verhoor is, en wat die vonnisse is nie. Laat geen twyfel dat sake nog steeds in ondersoek staduims is, en dit laat geen twyfel dat sake tot in lengte van dae sal sloer. Om 'n saak voor die hof te bring en suksesvol te laat verhoor is veronderstel om enige Speurder/ Ondersoekbeampte se trots te wees. Dit breek my hart om geen positiewe beriggewing te sien nie mbt die hoeveelheid afgehandelde/skuldigbevinding sake se terugvoer nie.