SAVE THE RHINOS: A poached rhino carcass recently discovered in the Etosha National Park. Photo: CONTRIBUTED
SAVE THE RHINOS: A poached rhino carcass recently discovered in the Etosha National Park. Photo: CONTRIBUTED

Meer bronne nodig teen stropery

Kameras sal Etosha help polisieer
Die land se gewysigde oorkoepelende plan teen wildmisdade wil eenvormige benadering vir doeltreffende afdwing van wette verseker.
Ellanie Smit
Meer geld is nodig vir bedryfsuitgawes, toerusting en ander hulpbronne om wildmisdaad te beveg, beveel wysigings aan die nasionale strategie hiervoor aan.

Mnr. Colgar Sikopo, adjunk-uitvoerende direkteur verantwoordelik vir die bestuur van natuurlike hulpbronne in die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, het 'n oorsig van bestaande tekortkominge tydens 'n onlangse konferensie oor die beleid gegee.

'n Eenvormige benadering is volgens Sikopo nodig om te verseker dat wetgewing doetreffend afgedwing word.

Die teenwildmisdaadplan bestaan uit 11 strategiese programme wat vir vyf jaar sleutelstappe uitspel wat uitgevoer moet word. Dit word ook gebruik om die nakoming van doelwitte te monitor. Meer mannekrag is volgens Sikopo nodig.

Die eenheid vir wildbewaring moet patrollies uitvoer om stropery hok te slaan en ander wette oor wildmisdade afdwing. Die eenheid bestaan uit 85 personeellede, waarvan tien 'n intelligensie- en ondersoekeenheid vorm.

Volgens Sikopo het 36 mense vanjaar 'n basiese wildbewaringskursus voltooi. Meer bewaarders met beter vaardighede is egter volgens Sikopo nodig.

HONDE-EENHEDE

Etosha se honde-eenheid bestaan tans uit nege honde en 11 hanteerders, terwyl honde tans opgelei word vir ontplooiing in die Bwabwata Nasionale Park.

'n Derde honde-eenheid moet gestig word vir die sentrale en suidelike dele van die land. Honde is ook nodig by grensposte en lughawens.

Die termyn van die Blue Rhino-taakmag is volgens Sikopo tot 2025 verleng. Die taakmag word met buitelandse skenkersgeld gefinansier.

"Die taakmag het die nasionale vermoë om sake te ondersoek en te vervolg aansienlik verbeter, gebaseer op versamelde intelligensie en bewyse," het Sikopo gesê.

STROPERY

Sikopo het gesê 'n afsonderlike plan vir die beveiliging van renosters in beskermde gebiede word tans vir goedkeuring gefinaliseer. Gesprekke word ook gevoer om renosters te onthoring.

Volgens Sikopo is 'n spesifieke plan in die opsig ook vir bewaringsgebiede nodig.

'n Kamera-stelsel is in die Waterberg Platopark aangebring en dieselfde word vir Etosha en die Mangetti Nasionale Park beplan.

Wat die bewaring van olifante betref, is wetenskaplike navorsing voorgestel oor die stigting van 'n ivoor-DNS-databank.

Daar is ook planne om 'n vliegtuig aan te skaf om parke in die noordooste van die land te patrolleer.

Baie werk is volgens Sikopo ook nog nodig aan planne vir die beskerming van die ietermagô.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!