Meer olifantjagkwotas dalk oplossing vir konflik
Ellanie Smit - Die verhoging van olifantjagkwotas vir eie gebruik en trofeejag is een van die opsies wat die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme kan oorweeg om mens-olifant-konflik te verminder.
Tans ontvang die bewaringsgebiede elk ’n kwota van 34 olifante per jaar en dit sluit ook kwotas vir tradisionele feeste in.
Intussen is die trofeejagkwota gebaseer op Namibië se Konvensie vir die Handel in Bedreigde Spesies (Cites) se uitvoerkwota van 90 olifante per jaar.
Dit volgens Elly Hamunyela, die direkteur van wetenskaplike dienste binne die omgewingsministerie, by ’n voorlegging oor die benutting van olifantkwotas en ander moontlike maatreëls om mens-olifant-konflik te verminder deur die bestuur van verskillende sub-bevolkings.
Sy het gesê olifante is verantwoordelik vir die meerderheid van mens-wild-konflikgevalle in Namibië.
“Dit is dalk nie beperk tot Namibië nie, ek dink dit is ook dieselfde in meeste van die ander Suider-Afrikaanse lande.”
Volgens Hamunyela is dit omdat die olifantbevolking toegeneem het.
“Amptelik praat ons van 24 000 olifante in die Namibiese deel van die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied (Kaza). Dit is ’n amptelike skatting. Dit is net in die Kaza-gebied van Namibië, wat beteken ons het nou daardie 24 000 olifante oorskry.”
Hamunyela het gesê die ministerie het saam met belanghebbendes, wat kommersiële en kommunale boere insluit, maatreëls toegepas om mens-olifant-konflik te probeer verminder of versag.
Sy het gesê selfs met die kwotas wat die ministerie uitreik, ervaar hulle steeds ’n toename in mens-olifant-konflik.
“Daarom glo ons dat ons meer versagtings- of bestuursmaatreëls moet toepas, veral gemik op sub-bevolkings om mens-olifant-konflik te probeer verminder.”
Volgens haar word olifantjagkwotas op ’n volhoubare wyse in ’n paar beskermde gebiede en sommige bewaringsgebiede uitgereik.
“Ons reik jaarliks kwotas aan bewaringsgebiede uit vir eie gebruik en ook vir trofeejag.”
Hamunyela het egter daarop gewys dat hulle nie kwotas vir die beheer van probleemdiere toeken nie.
“Maar ons laat toe dat sommige diere geoes word, spesifiek probleemdiere.”
Sy het verduidelik die minister kan goedkeur dat ’n probleemdier as ’n trofeedier gejag kan word en dit bevoordeel gemeenskappe, want hulle kry weer die vleis van hierdie diere.
Volgens haar het hulle ’n strategie ontwikkel vir die bestuur van olifante wat ’n hele aantal maatreëls en bestuursopsies behels, maar hulle kon nie al die bestuursopsies en versagtingsmaatreëls ten volle implementeer nie.
“Maar ons voel omdat die situasie nie verbeter nie, is dit eintlik besig om te vererger wanneer dit kom by mens-olifant-konflik. Ons moet kyk na daardie gereedskap wat ons beskikbaar het om dit ten volle te implementeer.”
Hamunyela het gesê as hulle trofeejagkwotas verhoog, byvoorbeeld vir bewaringsgebiede, sal dit beteken dié gebiede sal meer voordele uit trofeejag van olifante ontvang en daarom sal hulle makliker met die olifante saamleef as op die huidige oomblik.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie