Meer vrektes onder jagluiperds in Indië verwag
Agt van 20 reeds dood
Die eerste werpsels met realistiese vooruitsigte van oorlewing sal waarskynlik volgende jaar gebore word, luidens die verslag.
Ellanie Smit – Die verlies van 50% van die jagluiperdbevolking wat vanaf Namibië en Suid-Afrika na Indië verskuif is, moet in die eerste jaar na hul vrylating verwag word.
Luidens ’n statusverslag oor die jagluiperds in die Kuno Nasionale Park in Indië is dit deel van die standaardproses vir wilde jagluiperds wat in onomheinde stelsels hervestig word.
Altesaam 20 jagluiperds van Suid-Afrika (12) en Namibië (agt) is in 2022 na die park verskuif, meer as 70 jaar nadat die spesie in Indië uitgesterf het.
Agt jagluiperds – een volwasse Namibiese jagluiperd en drie van die vier Namibiese welpies – is intussen dood.
Die ander vrektes was onder volwasse Suid-Afrikaanse jagluiperds.
"Hoewel 'n kwart van die hervestigingsbevolking dood is (die drie welpies uitgesluit), moet verdere vrektes voor die jaareinde verwag word," lui die verslag.
Dit het bygevoeg dat verdere verliese in die tweede jaar ná hervestiging ook verwag moet word.
"Die eerste werpsels met realistiese vooruitsigte van oorlewing tot volwassenheid sal waarskynlik in 2024 gebore word."
AANPASSING
Luidens die verslag, gebaseer op vorige hervestigingspogings in Afrika, sal die getalle van die groep jagluiperds wat na Indië verskuif is verder afneem tot ongeveer vyf tot sewe jagluiperds voordat bevolkingsgetalle sal begin herstel.
“Toekomstige geboortes by Kuno sal uiteindelik vir hierdie aansienlike verliese vergoed, maar die oorlewingskans vir welpies in wilde jagluiperdbevolkings is laag.”
Die verslag het verduidelik hervestigde jagluiperdwyfies moet steeds moet aanpas by die aard van die seisoene in Asië, en moet die beste geboorteintervalle vasstel deur “die metode van leer en probeer”.
Om dié rede moet daar verwag word dat vrektes onder jagluiperdwelpies aanvanklik hoog sal wees.
Die onlangse vrektes in Kuno wat ook toegeskryf word aan die uiterste nat toestande wat infeksies en septisemie veroorsaak, is ’n onvoorsiene verwikkeling, en iets wat nie tydens hervestigingspogings in Afrika waargeneem is nie, het die verslag bygevoeg.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie