Miljoene uitbetaal vir mens-dier-konflik
‘’n Dreigende bewaringskwessie’
Jagluiperds is verantwoordelik vir die meeste voorvalle in die Erongo- en Kunenestreek, volgens 'n verslag.
Ellanie Smit – Gemeenskappe in Namibië het in 2022 uitbetalings van net meer as N$9,27 miljoen vir mens-dier-konflik ontvang.
Volgens die 2022 Stand van Gemeenskapsbewaring in Namibië-verslag voer gemeenskappe landswyd ’n daaglikse bestaan saam met wild terwyl hulle poog om met vee te boer en gewasse te kweek.
“Mens-dier-konflik is ’n dreigende bewaringskwessie in Namibië, en namate die droogte voortduur en die impak van klimaatsverandering toeneem, is die verwagting dat mens-dier-konflik ook sal toeneem,” luidens die verslag.
DUUR LAS
Hoewel die konflik altyd sal bestaan, is die doel van verligtingspogings om konflik te verminder en op die vreedsame bestaan tussen mense en wild te fokus deur die doeltreffendste maniere moontlik, volgens die verslag
“Die mense wat met wild saamleef, gaan gebuk onder hoër bewaringskoste met aanvalle op vee, oesskade en -verliese, skade aan infrastruktuur, menslike beserings en lewensverliese.”
Die verslag het uitgelig ’n balans is nodig tussen langtermyn-bewaringsprioriteite en toekomstige geslagte en die korttermynbehoeftes van mense wat met wild saamleef.
VOORVALLE
Die verslag het daarop gewys dat in die Erongo- en Kunenestreek jagluiperds verantwoordelik is vir die meeste voorvalle, met die tweede en derde meeste voorvalle waar jakkalse en luiperds betrokke was.
Die hoër algehele vlakke van konflik in Erongo en Kunene is ’n aanduiding van voortdurende droogte. In die Zambezi was olifante vir die meeste aantal konflikte verantwoordelik, hoofsaaklik deur oesskade en -verlies.
Die groeiende bevolking in die gebied dra ook by tot ’n toename in mens-dier-konflik.
Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het sedert 2019 meer as N$31,7 miljoen uitbetaal om vir verliese te vergoed wat deur mens-dier-konflik veroorsaak is, het die ministerie einde verlede jaar gesê.
Menslike bevolkings brei uit en daar is ’n toename in die aanvraag na ruimte; gevolglik is daar meer interaksie tussen mense en wild en kompeteer hulle vir hulpbronne, wat kan lei tot ’n toename in mens-dier-konflikte.
Die ministerie het ’n nasionale konferensie oor die bestuur van mens-dier-konflik aangebied, wat belanghebbendes bymekaar gebring het om oplossings te vind om die konflik te takel. Dit het die formulering van ’n werkplan tot gevolg gehad.
Die ministerie het ’n beleid vir mens-dier-konflik in 2009 bekend gestel en dit in 2018 hersien. Die doel van die beleid is om nasionale riglyne te verskaf vir die verligting en fasilitering van mens-dier-konflik.
Die beleid maak voorsiening vir die bestuur van mens-dier-konflik om die regte en ontwikkelingsbehoeftes van plaaslike gemeenskappe te erken, die behoefte erken om biodiversiteitsbewaring te bevorder, om selfstandigheid te bevorder, en te verseker dat besluitneming vinnig en doeltreffend is en gebaseer is op die beste beskikbare inligting.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie