Adell Malan het dié foto van die welkome reën die naweek op Drie Krone op Facebook gedeel.
Adell Malan het dié foto van die welkome reën die naweek op Drie Krone op Facebook gedeel.

Min reën, min water

Watervlakke in belangrikste damme veel laer as 2023
Stad Windhoek gaan moontlik noodgedwonge die huidige waterbesparingsmaatreëls vir die hoofstad moet aanpas.
Tielman Van Lill,Andrew Poolman,Henriette Lamprecht,Iréne-Mari van der Walt
Henriette Lamprecht en Irene-Mari van der Walt - Tot op hede was daar in die huidige reënseisoen nog geen invloei in die drie damme wat Windhoek van water voorsien nie, met een van die damme wat leeg is. Geen invloei is tot op hede in die Omatako-, Swakoppoort- en Von Bachdamme aangeteken nie. Buitengewone hoë temperature sedert Oktober verlede jaar het ook gemaak dat waterverbruik in die hoofstad deurgaans bo die munisipaliteit se besparingsdoelwit was en het gemaak dat die beskikbare watervoorraad vinniger as voorspel uitgeput is.

Die swak neerslae in die sentrale gebied van Namibië (CAN) hou ’n ernstige bedreiging vir watervoorsiening in die gebied in en wat die hoofstad insluit. Die gebied word hoofsaaklik met water uit ’n geïntegreerde watervoorsieningstelsel voorsien wat uit die drie damme bestaan wat met mekaar verbind is. ’n Week gelede was die Omatako leeg en Von Bach en Swakoppoort onderskeidelik 13% en 44% vol. Die gesamentlike watervlak in die driedamstelsel is tans 22% van die damme se gekombineerde volle voorsieningskapasiteit teenoor die byna 40% van verlede jaar dieselfde tyd.

NamWater en Stad Windhoek waarsku in ’n verklaring die voortgesette swak reënseisoen maak dat die oorbrugging van twee reënseisoene nie meer moontlik is nie en dat verdere besparingsmaatreëls vir inwoners voorlê.

NamWater het verlede jaar strategieë aanvaar om watervoorsiening tot die gebied vir ten minste die volgende twee reënseisoene te probeer verseker. Dit het ingesluit die bestuur van die aanvraag na water en ’n vermindering van 10% in waterverbruik, sowel as voorspelde invloei in die drie damme volgens die langtermyn waargeneemde statistiese model.

Watervoorsiening vir die hoofstad word ook ondersteun deur

water uit die Windhoek-akwifer (boorgate) en die nuwe waterherwinningsaanleg in Goreangab wat volgens die nasionale watervoorsiener tot op hede daarin kon slaag om ononderbroke watervoorsiening te verseker. Volgens NamWater was die totale inhoud van die land se vernaamste opgaardamme verlede week 57,8%. Watervlakke in die belangrikste damme is tans laer in vergelyking met die vorige twee reënseisoene.

’n Verslag van die Hidrologiese Dienste van Namibië wat Vrydag uitgereik is, beaam dat damvlakke tans landwyd veel laer is as in die afgelope twee reënseisoene. Volgens dié verslag het damme in die sentrale en suidelike dele van die land Vrydag onderskeidelik op 25.1% en 65.3% gestaan. In dieselfde tyd verlede jaar was dit dieselfde tyd ‘n jaar gelede onderskeidelik 42,7% en 40,8%.

Die Olushandjadam is tans die enigste dam in die land wat tans voller is as verlede jaar. Die waterpersentasies in die res van die damme in die land het sedert verlede jaar met die helfte verminder.

Volgens die verslag kan ligte reënbuie tot Saterdag oraloor in die land voorkom. Matige buie word vir vandeesweek vir die sentrale noorde, verre noordooste asook die sentrale en oostelike dele voorspel. Intussen het baie welkome buie oor die naweek oor verskeie dele uitgesak met die hoogste syfer wat by Brakwater buite Windhoek aangeteken is. Op die Facebook-groep Namibië Reën/Weer is syfers van 23 mm op Aranos, 10 mm op Mariental, 8 mm op Keetmanshoop, 16 mm op Omeya buite die hoofstad, sowat 70 mm op Brakwater, tussen 19 en 22 mm sowat 50 km noord van Gobabis, 15 mm in die Kapps Farm-omgewing, tussen 17 en 42 mm reën in die Khomas Hochland sowat 120 km wes van Windhoek, Waterberg 12 mm, 5 mm op Gochas gedeel. In Windhoek is 19 mm in Hochlandpark, 28 mm in Avis, 5 mm in Kleine Kuppe, 15 mm in Pionierspark, 14 mm in Klein Windhoek, 22 mm in Ludwigsdorf, 9 mm in Cimbebasia, 13 mm in Prosperita, 15 mm in Olympia gemeet. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!