Ministerie reik tender vir renosterjag uit
Ellanie Smit - Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het ’n tender uitgereik vir ’n trofeejag van een ou swartrenosterbul – wat nie meer tot reproduksie in staat is nie – vir die huidige jagseisoen wat in November eindig.
Volgens die woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda, sal die jag ingevolge die bepalings van die betrokke nasionale en internasionale regulasies plaasvind.
“Die individuele dier wat gejag gaan word, sal deur die ministerie bepaal word en die jaggeselskap sal deur beamptes van die ministerie vergesel word.”
Dit sal waarskynlik in ’n gemeenskaplike gebied of bewaringsgebied wees.
Teofilus Nghitila, die uitvoerende direkteur van die ministerie, het beklemtoon die jag sal nie in die Etosha Nasionale Park plaasvind nie.
“Geen vorm van jag word in Etosha toegelaat nie. Dit is ’n staande reël,” het hy gesê.
Muyunda het gesê renosters is – net soos in enige wildspesie in die land – ’n hulpbron wat volgens die Grondwet en Namibië se bewaringsbeginsels aangewend moet word om die huidige en toekomstige geslagte van hierdie land te bevoordeel.
Hy het verder verduidelik ou renosters kan nie meer bydra tot reproduksie in ’n bevolking nie en dat sommige selfs territoriale gevegte sal veroorsaak wat reproduktiewe jong bulle kan beseer en tot vrektes kan lei.
Namibiese maatskappye wat by die Namibiese Toerismeraad (NTB) geregistreer is wat in Namibiese besit is of ’n Namibiese beroepsjagter van grootwild in diens het, word deur die ministerie uitgenooi om skriftelike tenders in te dien. Hierdie tenders moet ook aandui wanneer hulle van plan is om die jag uit te voer.
Muyunda het bygevoeg afslag van 20% sal gegee word aan maatskappye waarvan minstens 20% deur voorheen benadeelde Namibiërs besit word.
Afslag van 10% sal gegee word aan maatskappye wat voorheen benadeelde Namibiërs as professionele grootwildjagters in diens het.
Muyunda het gesê geskrewe finansiële aanbiedinge moet in verseëlde koeverte en nie later as 13:00 op 7 Augustus in ’n houer by die ministerie se hoofkantoor geplaas word.
Volgens hom moet die volle bedrag in die Wildproduktefonds inbetaal word. Die rekeningbesonderhede sal aan die suksesvolle tenderaar verskaf word en bewys van betaling moet voor of op 21 Augustus ingedien word.
“Versuim om dit te doen sal lei tot die outomatiese kansellasie van die tendertoekenning, en die volgende bieër in die ry sal die tender ontvang.”
Muyunda het gesê die fondse wat uit hierdie jag gegenereer word, sal herbelê word in renosterbewaring – veral om inisiatiewe teen stropery en instandhouding van parkinfrastruktuur, soos onder meer watergate en heinings te finansier.
Namibië verkoop sedert 2012 elke jaar lisensies om individuele renosters te jag en sê die geld is noodsaaklik om bewaringsprojekte en beskerming teen stropery te finansier.
Hy het gesê in 2015 het die ministerie US$350 000 (omtrent N$4,4 miljoen) deur ’n soortgelyke jag gegenereer.
Die omstrede jagtog het kritiek in bewaringskringe veroorsaak nadat die Texas-jagter, Corey Knowlton, dié bedrag in 2014 betaal het.
In 2013 is twee swartrenosters via tender aan Namibiese maatskappye verkoop vir trofeejag. Die wentenders was onderskeidelik vir N$1,851 miljoen en N$2,1 miljoen.
Die ministerie se jongste statistiek dui daarop dat 23 renosters vanjaar gestroop is. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie