Ministerie verwerk byna 5 000 eise vir droogtehulp
Altesaam 4 930 eise is tussen Oktober verlede jaar en 15 Maart verwerk om veeboere te ondersteun wat deur die droogte geraak is.
Dit is volgens die verslag vir oesvooruitsigte, voedselsekerheid en droogte wat die ministerie van landbou, water en grondhervorming uitgereik het.
Volgens die verslag het die regering vanaf 1 Oktober tot 31 Maart droogtehulpmaatreëls ingestel om dié boere deur die lewendehawe-ondersteuningsprogram in al 14 streke te ondersteun. Dit het beide kommersiële en kommunale boere ingesluit.
Die eise wat uitgereik is, sluit in 3 249 eise vir aansporings vir veebemarking en 1 640 eise vir lekaanvullings en voersubsidies. Volgens die verslag is 25 eise ook vir huur van weiding en 16 eise vir vervoer na en van beter weidingsgebiede uitgereik.
Die verslag het daarop gewys dat die meeste dele van die land verswakte weiding aangemeld het, wat grootliks toegeskryf kan word aan swak reënval en droogte, wat die tweede helfte van 2023-’2024 se reënvalseisoen oorheers het.
In die meerderheid van die streke is verminderde plantegroei ook opgemerk, met die uitsondering van sommige dele in die noordweste en verre suidweste van die land.
Die verslag toon dat weiding in die noordoostelike Zambezi-, Kavango-Wes- en Kavango-Oosstreek wissel van swak tot goed.
Intussen verskil weidingstoestande in die Khomasstreek, met die noordelike, sentrale, noordoostelike en noordwestelike dele wat wissel van redelik tot goed met ’n paar dele wat in ’n goeie toestand is.
In die suide, suidweste, en suidwes en suidoos van die Khomasstreek, wissel weidingstoestande egter van swak met slegs baie min dele wat in ’n redelike toestand is.
Die landbouministerie het in die verslag aanbeveel dat die maatreëls van die lewendehawe-ondersteuningsprogram na alle geaffekteerde veeboere uitgebrei word.
Die woordvoerder van die ministerie, Jona Musheko, het gesê dit sal wel van die kantoor van die eerste minister afhang of die program verleng sal word.
“Onthou hierdie fondse word deur die kantoor van die eerste minister beskikbaar gestel. Die ministerie samel slegs aansoeke vir boere in, verwerk dit en gee dit aan hulle deur.”
Hy het gesê nadat die kantoor van die eerste minister hierdie verslag ontvang het, sal hulle dan besluit hoe om verder op te tree. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie