Musk se ketting van ligte

Tanja Bause
“Kyk wat beweeg oor die Alte Kalköfen Lodge - 56 satelliete in ‘n ry. Ongelooflik. Nogal ‘n lang streep liggies. My gaste was stomgeslaan,” het Frikkie Mouton gesê.

Die satelliete het omstreeks 20:00 Donderdag oor die lodge naby Keetmanshoop beweeg. Dieselfde string ligte is romdom 19:30 oor Windhoek gewaar.

Die satelliete is op 29 Maart deur SpaceX van Elon Musk vanaf Cape Canaveral in die Verenigde State met die Falcon 9-vuurpyl gelanseer. Die 56 Starlink-internet-satelliete sal nou hulle plek in die maatskappy se globale satellietnetwerk inneem. Met dié 56 ingesluit is daar nou 4 217 ruimtetuie in die konstellasie.

SpaceX het tans meer as 3 800 werkende Starlink-satelliete in die ruimte - met sowat 3 300 wat operasioneel is en 400 wat tans besig is om in hulle operasionele wentelbane te beweeg. Dit sluit dié wat oor Namibië gewaar is in.

Mense wat die satelliete wil sien kan https://findstarlink.com besoek vir tye en datums van die volgende moontlike waarneming oor die land.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!