Mynbouplan verdeel Aranos-gemeenskap

Soek antwoorde oor risiko’s
Terwyl sommige gemeenskapslede bekommerd is oor moontlike besoedeling, is ander optimisties oor ontwikkelingsgeleenthede wat die voorgestelde mynbouplan na die gebied kan bring.
Ogone Tlhage
Die Aranos-gemeenskap is verdeeld oor Headspring Investment se uraansoektog in die Leonardville-area, waarvoor ’n mynproses bekend as in situ-uitloging voorgestel word. Terwyl sommiges ten gunste daarvan is, is ’n ander groep van die gemeenskap sterk teen die voorgestelde ontwikkeling gekant.

Die maatskappy het ’n openbare bewusmakingsveldtog van stapel gestuur en het gemeenskapslede se bekommernisse tydens ’n onlangse besoek aan Aranos aangeroer.

Mnr. Jako van Wyk, ’n lid van die Stampriet-akwiferkomitee, het gesê Headspring Investments verskaf nie die nodige antwoorde op vrae rondom sy voorgestelde mynbouprosesse nie.

“My persoonlike mening is dat hulle met ’n openbare skakelveldtog besig is. Hulle het nie ons vrae beantwoord oor die hoeveelheid water wat in die akwifer gepomp word nie en mense in hierdie omgewing is afhanklik van die waterbronne,” het Van Wyk gesê.

“Ons is nou die dag ingelig dat die water kernaktiewe nukliede bevat. My familie het in hierdie gebied met hierdie water geboer, maar niemand in my familie is dood aan kanker as gevolg van hierdie nukliede nie,” het hy gesê.

“Die kern van die saak hier is, tensy hulle kan verseker dat besoedeling nie sal plaasvind nie, sal ons nie dié mynboubedrywighede toelaat nie,” het Van Wyk bygevoeg.

Mnr. Nico Smit, die Popular Democratic Movement se parlementslid, het op sy beurt gesê eksplorasieaktiwiteite wat in die artesiese kom by Stampriet uitgevoer is, het tot die besoedeling daarvan gelei.

“Die gemeenskap is gekant teen eksplorasie en enige mynbou in die akwifer. Daar is besoedeling en ons weet dit. Waar kom dit vandaan? Dit is as gevolg van die boorwerk,” het Smit gesê.

VRESE VIR BESOEDELING

Mnr. Danie Kotze, wat ’n petisie teen voorgestelde in situ-mynbou gelei het, het gesê enige moontlike besoedeling weens mynbou kan daartoe lei dat die hele akwifer as onbruikbaar geag word.

“Hulle vertel ’n mooi storie, maar hulle lig ons nie in oor die risiko’s nie, naamlik dat die water besoedel sal word en ons almal geraak sal word. Niks het hier gebeur totdat daar grondwater was nie en ons is heeltemal teen hierdie ontwikkeling,” het Kotze gesê.

’n Lid van die Aranos-dorpsraad, mnr. Hans Baffrath, was optimisties dat die mynbouplan verdere ontwikkeling na Aranos sou bring.

“Dis iets wat ontwikkeling en werksgeleenthede na Aranos sal bring. Hoe stop ons iets wat ontwikkeling kan bring?” het hy gevra.

Gemeenskapslede wat nie Headspring se betrokkenheid in die gebied geboikot het nie, het gesê die petisie verteenwoordig slegs ’n sekere deel van die Aranos-gemeenskap se oortuigings.

“Die wit gemeenskap, die boere is teen hierdie ontwikkeling. Hulle is bang die plase word gekoop,” het gemeenskapslede buite die Rooms-Katolieke kerksaal in Aranos gesê.

“Die wit mense manipuleer mense. Wat Headspring gesê het en wat ons van hulle hoor, is twee verskillende goed,” het hulle bygevoeg.

Headspring voer tans ’n bewusmakingsveldtog in die Hardap- en Omahekestreek uit. Hulle sou verlede week soortgelyke vergaderings op Leonardville en Aminuis hou.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-02-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Six Nations: Scotland 18 vs 32 Ireland | England 26 vs 25 France | Italy 22 vs 15 Wales Premier League: Everton 2 vs 2 Liverpool Katima Mulilo: 20° | 24° Rundu: 19° | 31° Eenhana: 20° | 28° Oshakati: 22° | 28° Ruacana: 19° | 29° Tsumeb: 20° | 25° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 30° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 22° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 11:07, High tide: 05:11, Low Tide: 23:08, High tide: 17:22 Swakopmund: 17° | 18° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 11:05, High tide: 05:09, Low Tide: 23:06, High tide: 17:20 Walvis Bay: 18° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: NW, Low tide: 11:05, High tide: 05:08, Low Tide: 23:06, High tide: 17:19 Rehoboth: 19° | 31° Mariental: 22° | 34° Keetmanshoop: 24° | 37° Aranos: 21° | 32° Lüderitz: 17° | 31° Ariamsvlei: 26° | 39° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 27° | 29° Gaborone: 17° | 26° Lubumbashi: 18° | 23° Mbabane: 16° | 27° Maseru: 16° | 27° Antananarivo: 18° | 25° Lilongwe: 19° | 25° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 19° | 24° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 20° Harare: 17° | 23° Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.24 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.35 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 134.95 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 50.59 | USD to KES 129.22 | USD to NGN 1509 | USD to ZAR 18.35 | USD to ZMW 28.15 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 88717.13 Up +1.00% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1797.63 Up +0.36% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16452.23 Up +0.33% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29997.11 Up +1.13% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10063.87 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 882.48/OZ DOWN -0.0166 | Copper US$ 4.62/lb DOWN -0.0281 | Zinc US$ 2 857.30/T DOWN -0.07% | Brent Crude Oil US$ 74.89/BBP DOWN -0.0102 | Platinum US$ 1 001.35/OZ DOWN -0.0362 Sport results: Six Nations: Scotland 18 vs 32 Ireland | England 26 vs 25 France | Italy 22 vs 15 Wales Premier League: Everton 2 vs 2 Liverpool Weather: Katima Mulilo: 20° | 24° Rundu: 19° | 31° Eenhana: 20° | 28° Oshakati: 22° | 28° Ruacana: 19° | 29° Tsumeb: 20° | 25° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 30° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 22° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 11:07, High tide: 05:11, Low Tide: 23:08, High tide: 17:22 Swakopmund: 17° | 18° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 11:05, High tide: 05:09, Low Tide: 23:06, High tide: 17:20 Walvis Bay: 18° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: NW, Low tide: 11:05, High tide: 05:08, Low Tide: 23:06, High tide: 17:19 Rehoboth: 19° | 31° Mariental: 22° | 34° Keetmanshoop: 24° | 37° Aranos: 21° | 32° Lüderitz: 17° | 31° Ariamsvlei: 26° | 39° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 27° | 29° Gaborone: 17° | 26° Lubumbashi: 18° | 23° Mbabane: 16° | 27° Maseru: 16° | 27° Antananarivo: 18° | 25° Lilongwe: 19° | 25° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 19° | 24° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 20° Harare: 17° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.24 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.35 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 134.95 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 50.59 | USD to KES 129.22 | USD to NGN 1509 | USD to ZAR 18.35 | USD to ZMW 28.15 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 88717.13 Up +1.00% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1797.63 Up +0.36% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16452.23 Up +0.33% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29997.11 Up +1.13% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10063.87 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 882.48/OZ DOWN -0.0166 | Copper US$ 4.62/lb DOWN -0.0281 | Zinc US$ 2 857.30/T DOWN -0.07% | Brent Crude Oil US$ 74.89/BBP DOWN -0.0102 | Platinum US$ 1 001.35/OZ DOWN -0.0362