N$136 miljoen vir Etosha se paaie

Infrastruktuur
Elizabeth Joseph
Vyf fases van opgradering van die padinfrastruktuur in die Etosha Nasionale Park het die ministerie van omgewing, bosbou en toerisme N$136 miljoen uit die sak gejaag.

Volgens die direkteur van beplanning en tegniese dienste in die ministerie, Boas Errki, het die opgradering van paaie in die park reeds in Februarie 2019 begin en moet vandeesmaand voltooi word.

“Ons wil voldoende finansiering deur die nasionale begrotingstoekenning verseker. Ons het ook die bewaringsfonds gestig waaruit ons ’n volgehoue instandhoudingsplan vir die infrastruktuur in beskermde gebiede wil verseker,” het Errki gesê.

Volgens hom was daar ’n beduidende afname in inkomste die afgelope paar jaar weens die swak toestand van paaie in die park.

“As ons nie in die opgradering van paaie belê nie, kan ons nie baie toeriste verwag nie. Om dié rede is dit vir ons ’n prioriteit om die infrastruktuur van paaie in stand te hou.”

Vanaf 2009 tot 2017 het die ministerie 282 km paaie in die park opgradeer, wat onder meer Namutoni, Onkoshi en Halali verbind. Hiervoor het die ministerie N$77.8 miljoen betaal.

Intussen het die minister, Pohamba Shifeta, beklemtoon die paaie moet oud en jonk in staat stel om vrylik in en uit die park te kan beweeg.

“Jong mense met hul Golf GTI’s moet ook op die paaie kan ry. Ons sal steeds die spoedbeperkings in die park afdwing, omdat sommige mense steeds 100 km per uur in ’n nasionale park ry.

“Die park moet die standaard handhaaf waaroor dit tans beskik,” het Pohamba gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!