No Image Caption

Normale reënval vir Januarie tot Maart voorspel

Francoise Steynberg
Gedurende Januarie tot Maart 2025 kan normale reënval waarskynlik oor die hele land voorkom.

Dit is volgens die Namibië Meteorologiese Diens se Climate Watch-verslag van November.

"Die Suide en die verre westelike deel van die land sal na verwagting reënval onder 100 mm vir die seisoen ontvang, terwyl die res van die binneland na verwagting reënval van bo 100 mm vir die seisoen kan kry," lui die verslag.

Volgens die diens is aansienlike reënval tydens November meestal oor die noordoostelike helfte van die land aangemeld. "Omauni het 135 mm reën gekry, Mururani 120 mm, Okalongo 109,6 mm, Otavi 99,5 mm, Mpungu 97,9 mm, Eenhana 94 mm, King Kauluma 92,5 mm en Sachona 90 mm.

Die diens dui aan bogemiddelde reënval is oor enkele plekke in die Kunenestreek waargeneem, asook die streke van Omusati, Ohangwena, Kavango-Wes en Kavango-Oos, terwyl gemiddelde tot ondergemiddelde reënval oor die streke van Kunene, Oshana, Oshikoto, Otjozondjupa, Khomas, Omaheke en Hardap streke voorgekom het.

Die weerdiens sê die swak reënval tydens November is soos gemeet by spesifieke stasies en dorpe vanwaar data ontvang is.

"Op 'n seisoenale skaal is onder-normale reënval waargeneem oor die streke van Omaheke, Otjozondjupa, westelike Khomas en Hardap en 'n deel van Kunene, Oshana, Oshikoto en oostelike Zambezi, terwyl kolle bo-normale reënval beperk was tot sommige gebiede in die Kunene, Omusati, Ohangwena en Kavango-Wes," lui die verslag.

Die diens maan egter dat reënvoorspellings op 'n seisoenale skaal as moontlike en bepalende voorspellings voorsien word.

Volgens 'n bekende weerkenner "mag Namibië se groter uitkoms ook nader wees," maar hy bly omsigtig hieroor.

Namibië en ander dele van Suider-Afrika het Desembermaand gebukkend gegaan onder hewige hittegolwe met die hoogste temperature wat op rekord op verskeie plekke gemeet is.

Die Wêreld Meteorologiese Organisasie (WMO) het gewaarsku dat 2024 waarskynlik die warmste jaar sedert die Nywerheidsomwenteling van 1850 is, met die gemiddelde temperatuur van die aarde vanaf Januarie vanjaar wat gemiddeld 1,54 °C hoër was as voor die Nywerheidsomwenteling.

Volgens die WMO se "State of the Climate 2024 Update", was die afgelope tien jaar boonop die warmste op rekord.

- [email protected]





.

Kommentaar

Republikein 2024-12-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 22° | 34° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 23° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 19° | 32° Omaruru: 23° | 35° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 19° | 31° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 22° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 25° | 38° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 18° | 28° Ariamsvlei: 24° | 39° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 18° | 25° Lubumbashi: 16° | 30° Mbabane: 17° | 28° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 33° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 18° | 22° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 17° | 23° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 33° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!