The Bushmanland Pans, including the Nyae Nyae Pan (pictured), has now officially been recognised as Namibia's sixth wetland and Ramsar site. Photo Wikicommons
The Bushmanland Pans, including the Nyae Nyae Pan (pictured), has now officially been recognised as Namibia's sixth wetland and Ramsar site. Photo Wikicommons

Nuwe Ramsar-vleiland vir Namibië

Henriette Lamprecht
Die Boesmanland-panne, ingesluit die Nyae Nyae-pan, is amptelik erken as Namibië se sesde vleiland en Ramsar-terrein. Voor dit het die land vyf geoormerkte vleilande van nasionale belang en algemeen bekend as Ramsar-terreine gehad. Drie hiervan is langs die kus en wel die Walvisbaaise strandmeer, Sandvishawe en die Oranjerivier-riviermonding. Die ander twee is in die binneland en sluit die Etosha-panne en die Bwabwata-Okavango Ramsar-terrein in. Baie vleilande het reeds verdwyn weens dreinering, die konstruksie van huise en ook klimaatsverandering.

'n Ramsar-terrein is 'n vleiland wat volgens die Ramsar-konvensie, 'n internasionale omgewingsooreenkoms wat op 2 Februarie 1971 in Ramsar, Iran onderteken is, van internasionale belang is. Die ooreenkoms maak voorsiening vir nasionale maatreëls en internasionale samewerking om vleilande te beskerm. Ramsar identifiseer vleilande van internasionale belang en in veral dié wat 'n habitat aan watervoëls voorsien.

Volgens die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme verskaf vleilande water en kos en kan gesonde, goedbegroeide vloedpleine ook mense teen oorstromings beskerm.

"Ons het vleilande nodig vir ons gesondheid en vleilande het ons nodig om dit gesond te hou. Ons moet almal 'n aktiewe rol speel om ons gesonde vleilande te bewaar," het die ministerie gesê. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 29° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 26° | 35° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 18° | 37° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 22° | 32° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 18° | 37° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 14° | 30° Ariamsvlei: 19° | 37° Oranjemund: 14° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 34° Lubumbashi: 17° | 20° Mbabane: 15° | 27° Maseru: 19° | 33° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 18° | 21° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 26° Johannesburg: 20° | 31° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 20° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!