NWR-bakkie stamp luiperd
Toeriste was Vrydag ooggetuies van ’n ongeluk waarin ‘n bakkie van Namibia Wildlife Resorts (NWR) ‘n luiperd wat die pad wou oorsteek, gestamp het.
“Die het omstreeks 17:40 sowat 15 kilometer vanaf die King Nehale-hek gebeur. Die bakkie het duidelik baie vinniger as die spoedgrens van 60 kilometer per uur gery. Die was hartverskeurend om sien hoe die manjifieke dier sukkel om asem te haal en daar was niks wat ons kon doen om hom te help nie. Ons het onmiddellik na die hek gery en die voorval aangemeld in ‘n poging om hulp vir die dier te kry,” het Amanda Breedt op die Etosha Sightings-Facebookgroep geskryf.
In die voertuig agter die Breedts was Duitse toeriste wat ook die voorval by die King Nehale-hek aangemeld het.
“Die toeriste het gesê die luiperd het probeer om op te staan nadat ons die toneel verlaat het. Ons het vroeg die volgende oggend na die plek teruggery en kon hom nie vind nie. Hopelik het hy oorleef.”
Die woordvoeder van NWR, Nelson Ashipala, het die voorval bevestig, asook dat die bestuurder ‘n werknemer van NWR is en dat die betrokke voertuig ‘n NWR-maatskappymotor is.
“Die personeellid is aangekla deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme ingevolge die Natuurbewaringsordonnasie, nr. 4 van 1975 - soos gewysig deur die ministerie. NWR het ook sy eie ondersoek van stapel gestuur en die uitkoms daarvan sal volgens interne prosedures hanteer word. ‘n Verslag sal uitgereik word sodra die ondersoeke afgehandel is,” het hy gesê.
Op die Facebook-plasing het Sara Glünkin geantwoord: “Ons was ‘n paar dae vroeër in Etosha en het ook ‘n NWR-voertuig wat te vinnig gery het met ‘n foto gerapporteer. Die saak van die luiperd is hartverskeurend. Ons hoop wildbewaarders het hom uit sy ellende verlos.”
Randy Körner het gesê: “Ek sien baie regeringsvoertuie in die park jaag. Een keer het die bakkie van een van die wildbewaarders met ‘n persoonlike nommerplaat amper van agter af in my voering vasgejaag. Ek moes hard briek en uit sy pad swaai. Ek het die voorval aangemeld, maar niks word gedoen as die werkers oortree nie.”
Laban Kanime het, soos talle ander, geskryf: “Dit is nie goed nie. As almal by die spoedbeperking van 60 km/h hou kan so iets vermy word.”
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie