NWR glo nie geken in Laban se ‘lugtrein’

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Dit is ’n raaisel waarom die minister van die omgewing, bosbou en toerisme nié vir Namibia Wildlife Resorts die geleentheid gegee het om sy insette oor die toekenning van ’n konsessie in Sossusvlei en ’n nasionale park te lewer voordat dit toegestaan is nie.

Minister Pohamba Shifeta het die konsessie aan Laban Kandume en Sky Eye Tours & Hospitality toegeken vir ’n gemotoriseerde vervoerstelsel vir passasiers, ofte wel ’n lugtrein.

NWR het nou ’n aansoek teen Shifeta, sowel as die ministers van nywerheidsontwikkeling en handel, staatsondernemings en landbou, water en grondhervorming, sowel as Sky Eye Tours & Hospitality gebring om die besluit ter syde te stel.

Volgens NWR se besturende direkteur, mnr. Matthias Ngwangwama, het die minister nie voldoen aan die vereistes van dele van die wysigingswet vir natuurbewaring, sowel as die nasionale beleid vir wildlewe en toerisme-konsessie op staatsgrond nie.

NWR is glo nooit vooraf ingelig dat hy die konsessie oorweeg nie en ook nie die geleentheid gegee om voorleggings te maak voordat die besluit geneem is nie.

Toe NWR uiteindelik hieroor ingelig is, wou dit volgens Ngwangwama voorkom asof die minister nie ’n gelyke, deursigtige en mededingende proses gevolg het in die toekenning van die konsessie nie.

Shifeta is ook veronderstel om ’n komitee van personeellede van die ministerie sowel as individue met gepaste kennis en kundigheid aan te stel, om die proses te bestuur om konsessies volgens die voorgeskrewe kriteria en prosedures te identifiseer, toe te ken en te monitor.

Die minister is ook verplig om konsessies in pas met die bestuursdoelwitte en -plan van beskermde gebiede toe te ken.

Sky Eye se projek beplan om die pad te sluit waar die NWR tans ’n pendeldiens bedryf, met die projek wat die natuurlike skoonheid van Sossusvlei “dramaties” gaan beïnvloed, sê Ngwangwama in hofstukke.

Die pendeldiens is sedert 21 April 2010 in bedryf en het tot op hede ’n inkomste van N$60 miljoen genereer.

As gevolg van die “gewraakte besluit” staar die NWR aansienlike finansiële verliese in die gesig, sowel as inmenging met sy statutêre mandaat om wildparke en natuurreservate te bestuur.

Skye Eye het die konsessie gekry op voorwaarde daar is geen beswaar van die Nasionale Erfenisraad nie, geen oorvleuelende regte met bestaande, eksklusiewe regte van ’n ander operateur nie, ’n omgewingsklaringsertifikaat verkry is, sowel as gesprekvoering met NWR om verder aan die voorstel te werk.

Die NWR is glo egter in die duister oor wat presies die “gesprekvoering” behels en is dit eintlik volgens Ngwangwama na de maal, omdat die besluit reeds geneem is.

Die konsessie is vir tien jaar geldig, waarna dit as ’n openbare tender uitgestuur word om ’n mededingende bieproses te verseker.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!