Okaukuejo-watergat nou toeganklik vir almal
Die watergat by die Okaukuejo-oord in die Etosha Nasionale Park spog deesdae met ’n webkamera wat regstreeks 24 uur per dag 7 dae per week uitsaai.
Dit word as virtuele toerisme bestempel.
Die kamera is by een van die bedrywigste watergate in die park geïnstalleer en laat Namibiërs en mense wêreldwyd toe om die natuur en wilde diere in die gemak van hul huise te ervaar.
Virtuele toerisme bied aan kykers ’n ervaring van ’n aktiwiteit, ligging of bestemming deur videotegnologie wat ’n gebruiker nie met foto’s of op ’n webwerf kan ervaar nie.
Kykers kan toegang tot die inhoud van virtuele toerisme kry deur spesiale oorfone te gebruik, maar hulle kan ook op ‘n gewone rekenaar of selfs ‘n mobiele toestel by NWR se sosialemediaplatform op YouTube inskakel; natuurlik gratis.
Die voordele van hierdie innovasie is dat kykers ‘n bestemming kan sien en ervaar sonder om fisiek soontoe te reis. Dit beteken hulle word nie beperk deur beskikbare vlugte, reislogistiek, veiligheid en of bestemmings oop is nie.
Die ander groot voordeel vir kykers is koste. Virtuele toerisme maak bestemmings toeganklik vir miljoene mense wat andersins nie kan bekostig om na dié bestemmings te reis nie.
Die ander watergate in die park sal binnekort ook met kameras toegerus word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie