Olifante se reuksin verbaas
Urine en mis soos ‘olifant posbusse’
Olifante kan hul reuksin gebruik om tussen drie generasies van mense te onderskei.
Afrika-olifante deel ’n sogenaamde “trop-reuk” wat dit vir hulle maklik maak om lede van hul eie trop te herken.
Dié reuk het meer te doen met die bakterie wat hulle aan mekaar afvee gedurende hul rituele groetsesssies as die feit dat hulle dalk verwant mag wees.
Dié olifante is ook besonders goed daarmee om ’n mens se spoor te volg, sê die bewaringskundige dr. Katharina von Dürckheim van die Universiteit Stellenbosch (US).
Sy het in Desember 2021 haar PhD in bewaringsekologie oor die onderwerp aan die US verwerf. Sy lei nou die nuwe Wildlife Free to Roam (WFR) navorsingsprogram aan die US.
Die uiteindelike fokus is op die skepping van verbindingsroetes wat wild sal toelaat om makliker tussen talle groot oorgrens-bewaringsgebiede in Suider-Afrika te beweeg.
STELSEL VIR BOODSKAPPE
“Olifante laat urine en mis langs die roetes wat hulle volg. Dié is as’t ware kommunikasie-spilpunte of ‘olifant-posbusse’. Dit bevat reukboodskappe wat ander olifante toelaat om te monitor watter ander olifante in die omgewing is, en moontlik gereed is om te paar,” verduidelik Von Dürckheim.
“Wanneer daar ’n kol urine op die grond is, sal ’n olifant eers op daardie sandkol blaas en ’n soort stofstorm van partikels veroorsaak. Hierna asem die dier dit diep in deur sy slurp, en voer soms partikels na die Jacobson’s orgaan in die bokant van die mond, in wat ons ’n flehmen-reaksie noem.”
Haar PhD-tesis se amptelike titel was “Olfaction and scent discrimination in African elephants (Loxodonta africana)”.
Wat dié titel egter nie verklap nie, is dat hierdie ma van twee en ’n MBA-gegradueerde gedurende die loop van haar studies boonop die kans gehad het om deel te wees van ’n groot verskuiwingsoperasie van 120 olifante in Malawi.
Sy het ook saamgewerk met deskundiges van die Amerikaanse Leër wat die vermoë van wilde diere om landmyne te bespeur bestudeer het, en daarom ook olifante se besonderse reuksin ondersoek het.
RITUEEL DIE LEIDRAAD
Dit was die uiters geritualiseerde manier waarop Afrika-olifante mekaar groet – iets wat Von Dürckheim oor die jare al dikwels die voorreg gehad het om waar te neem – wat haar aangetrek het tot haar PhD-onderwerp.
“Afrika-olifante het hierdie fassinerende, rituele groetseremonie wanneer hulle bymekaar kom. Selfs mak olifante doen dit steeds. Hulle urineer, ontlas, skei vloeistof van hul temporale kliere af, brom, trompetter, draai in die rondte en flap hul ore om ’n soort ‘pagiderm-parfuum’ te versprei.
“Dis iets wat my herinner aan hoe skoenlappers en motte hul vlerke waai om feromone te versprei.”
Nie-herkouende diere soos olifante, renosters en seekoeie word as pagiderms geklassifiseer.
CHEMIESE SEINE
Von Dürckheim het haarself begin afvra: “Watter boodskappe bevat hierdie chemiese seine wat olifante elke keer afskei? Dit moet tog ’n funksie hê.”
Gegewe haar onderwerp was haar PhD werklik ’n reuse-taak, maar tog het sy daarin geslaag om oor jare heen baanbreker-navorsing te doen. Sy het vir die eerste keer in diepte gekyk na die chemie agter die afskeidings van die genitalieë en speeksel- en temporale kliere van vrylopende Afrika olifantkoeie. Laasgenoemde kliere veroorsaak die tipiese “tranerige oë” van ’n Afrika-olifantkoei – iets wat selde by Asiese olifantkoeie gesien word.
Deur aan urine en mis te snuif, het haar navorsing getoon, kan Afrika-olifante onderskei tussen onbekende en bekende lede van hul spesie. Hulle kan ook tussen individuele olifante onderskei op grond van die “reuk” wat afgeskei word deur die temporale en speekselkliere, en genitalieë.
GENETIKA NIE DIE SLEUTEL
In hierdie proses speel genetika – en dus of een dier verwant is aan ’n ander – blykbaar nie juis ’n rol nie. So het Von Dürckheim uitgevind deur ’n konsep genaamd die reuk-geen kovariansie (of OGC) te ondersoek.
Dié konsep is reeds in vele ander diere nagevors, maar Von Dürckheim was die eerste wat dit by olifante ondersoek het.
“Om OGC te bestudeer, ondersoek jy bloed en DNS, en ontleed die liggaamschemie van verwante en onverwante diere. Jy kyk of verwante diere weens genetiese verwantskap ’n meer soortgelyke chemiese profiel het as onverwante diere, of nie.”
Terwyl verwante olifante wel talle chemiese samestellings deel, het sy gevind dit wissel in intensiteit en identiteit.
Haar navorsing het aangedui dat daar iets soos individuele identiteitsreukprofiele onder Afrika-olifante bestaan. Die diere kan ook seine optel wat vir hulle aandui hoe oud ’n ander olifant is volgens afskeidings van die temporale en speekselkliere.
Reuk-aanduiders wat wys op ’n genetiese verwantskap is slegs gevind in die labiale afskeidings van volwasse olifant-susters.
Von Dürckheim wou ook uitvind of daar iets soos ’n kenmerkende “tropreuk” of “groepreuk” is, omdat olifante sulke groeplewende diere is en verwante diere kan herken. Sy kon egter nie ’n verband vind tussen ’n tropreuk wat aandui dat ’n groep geneties verwant is nie. Dit lyk egter wel asof daar ’n reuk bestaan wat lidmaatskap tot ’n spesifieke trop aandui.
Dit wil voorkom asof dié tropreuk wat sommige olifante deel eerder deur bakterieë veroorsaak word. Dis ook die geval by hiënas en meerkatte.
“Bakterieë word maklik uitgeruil as lede van dieselfde groep byvoorbeeld hul liggame teen mekaar vryf en mekaar se liggame met hul slurpe ondersoek.
“Dis bes moontlik hul gedeelde bakterie wat ’n spesifieke tropreuk veroorsaak, en nie noodwendig omdat die diere aan mekaar verwant is nie.
“Dit beteken egter nie dat olifante nie familielede kan herken nie, of dat daar nie iets soos ’n genetiese teken van verwantskap bestaan nie. Baie navorsing dui daarop dat urine so ’n genetiese merker bevat. Dit moet egter nog in olifante nagevors word.”
HERKEN MENSE MAKLIK
Deur met olifante in gevangenskap te werk, het Von Dürckheim meer geleer oor hoe hulle hul reuksin gebruik as dit by mense kom.
“Olifante is baie bedrewe om tussen mense te onderskei volgens reuk. Hulle kan ’n spesifieke mens oor ’n gebied heen naspoor.
“Ons het byvoorbeeld ’n eksperiment gedoen waarin ons iemand ’n ent weg die veld in laat stap het. ’n Uur later het ons ’n olifant sy spoor laat volg. Hulle het die mens elke keer suksesvol opgespoor. Die resultaat was merkwaardig.”
Haar studies het gewys dat olifante hul reuksin kan gebruik om tussen drie generasies van mense te onderskei, en ook minstens tussen nege verskillende mense.
“Hulle leer ontsettend vinnig.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie