Olifante vlieg na nuwe tuiste
Na bestemming in VAE geneem, sê bron
Die veearts wat tien jaar gelede betrokke was by die uitvoer van sowat 150 wilde diere uit Namibië na Kuba, vertel hoe só 'n proses verloop.
Die 22 olifante wat die Gobabis-boer, mnr. Gerrie Odendaal, tydens die omstrede olifantveiling van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme gekoop het, is laasnag met ’n Ilyushin Il-76-vragvliegtuig na hul nuwe tuiste vervoer.
Die ministerie se woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, wou nie sê hoeveel olifante uitgevoer is of waarheen hulle gaan nie.
Fligthradar toon dié veeldoelige vragvliegtuig het Dinsdag via Mombassa in Kenia by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe geland.
Muyunda sê Odendaal was die biër, en dit is nie die ministerie “se plek” om die uitvoer daarvan te bespreek nie. “Dit is ’n saak tussen die biër en die koper na wie dit uitgevoer word,” was sy reaksie gister.
Altesaam 170 olifante is op 3 Desember 2020 geadverteer en die tender het op 29 Januarie 2021 gesluit.
Die ministerie het twee weke gelede in ’n verklaring bevestig 37 olifante is reeds gevang, insluitend 22 uit die Kamanjab-boerderygebied wat geoormerk is vir uitvoer na ’n bestemming “wat aan die einde van die tenderproses bekend gemaak sal word”.
Die ander 15, afkomstig van Omatjete in die Erongostreek, is deur N/a’ankusê gekoop, terwyl die ministerie tans met die hulp van dr. HO Reuter van African Wildlife Services besig is om die ander 57 opgeveilde olifante te vang.
’n Ingeligte bron het gister aan Republikein gesê dit is “’n oop geheim” in bewaringskringe dat die olifante na ’n bestemming in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) geneem word.
SO VERLOOP PROSES
Intussen het dr. Mark Jago, die veearts wat in 2012 en 2013 ten nouate betrokke was by die uitvoer van nagenoeg 150 wilde diere deur die regering na ’n natuurpark naby Havana in Kuba.
Dié skenking het destyds internasionaal groot opspraak verwek het en die media het daarna as “Naog se Ark” verwys.
Hy het verduidelik met so ’n uitvoer word die diere voor die tyd gevang en in ’n toe ruimte soos ’n boma geplaas waar “’n hele klomp toetse” op die diere gedoen word en hulle aan ’n beknopte ruimte gewoond gemaak word.
“Dr. Reuter is ongelooflik ervare met die vervoer en laai van kratte met diere in,” sê hy. Reuter was die heeldag gister nie op sy selfoon bereikbaar nie.
Jago sê die diere word gewoonlik in die nag gelaai en die vliegtuig vertrek gewoonlik in die vroeë oggendure omdat dit die koelste tyd van die dag is.
“’n Veearts vlieg saam met die diere om hulle gedurende die vlug te monitor,” vertel hy oor sy ervaring destyds toe hy die besending diere wat met ’n Jumbo 747 (Boeing) vervoer is, na Kuba vergesel het.
Hy sê die diere word tydens die vlug gevoer.
“Met hul aankoms, sal hulle waarskynlik eers in ’n kwarantyn-fasiliteit geplaas en gehabiteer word, voordat hulle na hul finale bestemming vervoer word,” het Jago gister vertel.
Hy sê hy het die Namibiese diere verskeie kere daarna in natuurpark in Kuba besoek, en hulle het goed aangepas. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie