Olifantkoei dra dooie kalf rond
Toergidse het Saterdag op ’n olifantkoei in die Huabrivier afgekom wat haar pasgebore dooie kalf saam met haar ronddra.
Volgens me. Christelle Jansen van die Twyfelfontein Country Lodge is die kalf verlede week Vrydag gebore en is gedurende die nag dood.
“Die olifante beweeg op en af in die Huabrivier tussen die nedersettings De Riet en Pieters-poel. Van dag een af was die kalf nie baie sterk nie. Die olifante moet ver tot by die naaste drinkwater loop. Terwyl die ma geloop het, het sy die kalf gedra en wanneer sy wou eet, het sy die kleintjie neergesit en weer opgetel wanneer hulle aanbeweeg het. Sy het dit vir twee dae gedoen. Die Sondag het my toergidse gesien hoe Rosy, die matriarg van die trop, die ma wegjaag. Sy het die kalf agtergelaat toe hulle aanbeweeg het.”
De Riet het tans nie genoeg drinkwater nie en die olifante moet na die Rendewoudt-nedersetting in die Abahuab-rivier naby die Doro Nawa Lodge loop vir water.
“Die olifante het aanbeweeg en die gidse het Dinsdag die kalf alleen naby Rendewoudt sien lê,” het Jansen gesê.
Me. Christin Winter van Elephant Human Relations Aid (EHRA) het gesê die olifantkoei se naam is Moon en dat sy van die H2-trop is. Die matriarg van die trop is Rosy en dus staan die trop onder die gemeenskap as Rosy se trop bekend.
“Dit is die tweede kalf wat Moon in die laaste paar jaar verloor het. Daar is talle gevolgtrekkings rondom Moon se gedrag. Ons het ook ’n kenner van olifantgedrag, dr. Joyce Poole, gevra omdat sy dit ook al voorheen waargeneem het. Ons weet nog nie regtig hoekom hulle dit doen nie.
“Die koei dra die kalf dalk weg om dit van roofdiere te beskerm. Of dit kan ook wees dat die olifante die dood van die kalf verwerk, en dit kan met rou verbind word. Navorsing is oor ape en bobbejane gedoen wat hul dooie kleintjies vir dae en selfs weke ronddra.
“Die navorsers het ook ontdek dat faktore soos die koei en kalf se ouderdomme, en die skielike dood van die kalf die koei se optrede teenoor haar kalf kan beïnvloed nadat dit dood is,” het Winter gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie