Olifantstropery die laagste sedert 2016
Nasionale veiligheidsmagte ’n ‘afskrikmiddel’
Statistieke toon dat daar verlede jaar beslag gelê is op 55 olifanttande, 64 verdagtes is in verband met olifantstropery in hegtenis geneem en agt verdagtes is skuldig bevind.
Ellanie Smit - Verlede jaar was olifantstroperysyfers in Namibië die laagste sedert 2016.
Skuldigbevindings is egter steeds ver agter arrestasies wat in stroperysake gemaak is.
Volgens die verslag oor wildbeskerming en wetstoepassing in Namibië is slegs vier olifante in 2022 gestroop vergeleke met 2016 se 101.
Die volgende jaar het stroperyvoorvalle tot 50 afgeneem, terwyl 27 olifante in 2018, 13 in 2019, 12 in 2020 en agt in 2021 gestroop is.
Statistieke toon verder dat daar verlede jaar beslag gelê is op 55 olifanttande, 64 verdagtes is in verband met olifantstropery in hegtenis geneem en agt verdagtes is skuldig bevind.
Luidens die verslag het die 34 olifantsake wat verlede jaar aangemeld is, minder as 10% uitgemaak van alle geregistreerde wildmisdaadsake – wat altesaam 430 beloop het.
“Die teenwoordigheid van nasionale veiligheidsmagte in belangrike olifantgebiede bly ’n afskrikmiddel vir stropers.”
Na stropery in 2016 ’n hoogtepunt bereik het, is verliese tot lae vlakke beperk wat tans beskou word as ’n klein impak op die bevolking, hoewel dit belangrik is om gereelde en akkurate monitering te verseker om bevolkingsgesondheid te evalueer, lui die verslag.
AGTERSTAND
“Beslagleggings op olifanttande in Namibië het ook tot die laagste vlakke sedert 2016 gedaal, met baie van die ivoor waarop nog beslag gelê word wat vermoedelik van buite die land afkomstig is.”
Jaarlikse arrestasies teenoor die huidige koers van skuldigbevindings dui egter daarop dat skuldigbevindings in olifantsake steeds ver agter inhegtenisnemings bly, aangesien sommige sake van 2015 steeds aan die gang is.
“’n Toename in arrestasies in 2019 en 2021 het die agterstand vergroot en druk op die regbank geplaas, terwyl inhegtenisnemings die afgelope paar jaar – in die meeste gevalle – met ivoorbeslagleggings verband gehou het. Min arrestasies het die afgelope vier jaar met stroperyvoorvalle verband gehou.”
Die verslag het gesê die tyd tussen arrestasie en die afhandeling van die saak het aansienlik gewissel vir olifantsake, met sommige sake wat in 2020, 2021 en 2022 – na vyf jaar of meer – afgehandel is.
Die aantal olifanttande waarop beslag gelê is per saak wat geregistreer is, het van ’n gemiddeld van 2,5 in 2018 tot 1,6 in 2022 gedaal. Terselfdertyd het die gemiddelde aantal verdagtes wat per saak in hegtenis geneem is, ook gedaal tot 1,6 vanaf ’n hoogtepunt van 2,4 in 2019, lui die verklaring.
“Dit blyk dat minder tande deur minder verdagtes gesmokkel word.”
OLIFANTBEVOLKING
Intussen kan die olifantbevolking van sowat 24 000 verdeel word in vier onderling gekoppelde subbevolkings, wat verskillende kwesbaarhede het.
Die verslag het opgemerk dat die grootste subbevolking van sowat 15 000 diere in Kavango-Oos- en Zambezistreek voorkom, wat oor die kern van die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied (Kaza) strek.
Hierdie oorgrensbevolking bring van sy tyd in buurlande deur.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie