‘n Nuwe reël vereis dat groot katte skielik net op grond van minstens vyf hektaar per dier aangehou mag word. Foto Tanja Bause
‘n Nuwe reël vereis dat groot katte skielik net op grond van minstens vyf hektaar per dier aangehou mag word. Foto Tanja Bause

Omgewingsminister hof toe gesleep

Frank Steffen
Die egpaar Marlice en dr. Rudie van Vuuren van die N/a’anku sê-stigting, saam met hul prokureur Christiaan Cronje, het aangekondig dat hulle hooggeregshof toe gaan met ’n aansoek om regulasies wat onlangs deur minister Pohamba Shifeta van die omgewing, bosbou en Toerisme (MEFT) goedgekeur is, as onwettig te herroep.

“Ons is nie in ’n sosialistiese staat waar die regering die wette na willekeur kan verander nie. Sover ek weet, leef ons in ’n demokrasie en daarom sal dit bloot regverdig wees van die minister of sy mense om ons as besorgde belanghebbendes aan te hoor voordat hulle enige nuwe wetgewing aanneem nie,” het dr. Van Vuuren gesê.

Die Van Vuurens is veral vererg oor die nuwe reël wat oornag ingestel is dat groot katte skielik op minstens vyf hektaar grond per dier in plaas van die vorige 1 hektaar aangehou mag word. Hy is bekommerd oor die manier waarop so ’n wet toegepas is sonder om belanghebbendes te raadpleeg.

“Daar was geen oorgang nie en ons kan nie so maklik bykomende grond kry nie. Dis eenvoudige teistering en dit lyk of die minister dit toelaat,” het N/a’anku sê se uitvoerende hoof gesê.

Vir etlike jare was daar herhaalde twyfelagtige besluite deur die hoof van die natuurbewaringsdepartement, Penda Shimali, wat geëis het dat N/a’anku sê hul diere dadelik moet weggee of moet uitsit. Dit het talle hofsake tot gevolg gehad en N/a’anku sê moet voortdurend duur regskoste betaal in plaas van om die geld aan verdere beskermingsmaatreëls te kan bestee, sê Van Vuuren. Die meeste sake is nog nie afgesluit nie.

Die mees onlangse saak handel hoofsaaklik oor die nuwe regulasies, wat daartoe sal lei dat diere onnodig doodgemaak word in plaas daarvan dat hulle “’n tweede kans op die lewe kry”.

Saam met sy prokureur Cronje het die Van Vuurens tussen 2019 en Oktober 2022 vier sake deurgewerk, wat as grondslag vir die regsgeding sal dien. In al hierdie gevalle het Shimali, in weerwil van voorstelle van boere en selfs veeartse, die drakoniese opdrag gegee om die diere dadelik dood te maak.

Intussen het Shimali vir meer as ’n dekade nie permitte uitgereik aan private toevlugsoorde wat in die belang van bedreigde wild wil optree nie.

Van Vuuren het herhaaldelik beklemtoon daar is besonder goeie mense in MEFT, maar daar is ongelukkig ook staatsamptenare wat nie geskik vir hul poste is nie.

“Gewone en onopgeleide amptenare daar het soms die reg om oor die lewe en dood van ’n groot kat te besluit en die ingeligte mening van ’n veearts te verontagsaam. Waar kry jy so iets?”

Van Vuuren het ook suksesverhale uitgewys, soos dié van die olifant Apollo, wat in die omgewing van Swakopmund oor Kersfees rondgeloop het, of die woestynaangepaste leeu wat verlede jaar in die droë Kaokoveld van hongersnood gered kon word.

Cronje sê die tydsbeperking vir ’n teenargument van die staat het reeds verstryk, maar “in die belang van geregtigheid sal die hof waarskynlik die staat toelaat om later sy verweer en argumente in te dien”.

Die MEFT-woordvoerder Romeo Muyunda het binnekort ’n gedetailleerde verklaring belowe.

“Wat Penda Shimali betref, geld twee argumente: eerstens verwag ons vaste bewyse van beweerde magsmisbruik, en tweedens is dit natuurlik N/a’anku sê se demokratiese reg om regskanale te volg,” het Muyunda gesê.

GEMEENSKAP

Die beskuldiging wat die staat dikwels aan bewaringsbewustes uiter dat hulle net aan die diere dink en nie die gemeenskappe waarin hulle woon nie, is nie op N/a’anku sê van toepassing nie.

Soos haar ewe bekende ma, Marieta van der Merwe van Plaas Harnas, is Marlice van Vuuren verbind tot dierewelsyn, maar beide ma en dogter betrek hul gemeenskappe al vir jare hierby en skep enersyds werk, maar meer belangrik, het hulle skole vir veral die San gemeenskappe gebou.

Dr. Van Vuuren is as dokter betrokke by talle hulpprojekte en klinieke vir minderbevoorregtes, soos die “Epukiro Pos 3”-kliniek. Aan die een kant ondersteun die privaatkliniek die gemarginaliseerde San en die plaaslike Herero-bevolking, en aan die ander kant werk dit nou saam met die plaaslike staatskliniek wat deur besnoeiings in hul begroting beperk word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!