Omgewingsminister optimisties oor geleenthede
Daniel lewer nooienstoespraak in NV
Die nuwe minister erken die uitdagings van onder meer wildstropery, onwettige hout-oeste en klimaatsverandering, maar meen daar is vooruitsigte in herwinning, eko-konstruksie, hernubare energie en volhoubare agro-bosbou.
Die nuutaangestelde minister van die omgewing, bosbou en toerisme, Indileni Daniel, het gesê sy is ten volle bewus van die uitdagings wat voorlê, maar is ewe geïnspireer deur toekomstige moontlikhede en geleenthede.
In haar nooienstoespraak aan die parlement het Daniel gesê sy voel diep geëerd deur die vertroue wat aan haar gegee is om hierdie belangrike portefeulje te lei, wat die sleutel inhou tot die bewaring en beskerming van Namibië se fauna en flora, die bevordering van volhoubare ontwikkeling en Namibië se internasionale aansien as ’n vooraanstaande ekotoerismebestemming van voorkeur.
Daniel het gesê sy erken die ontsaglike verantwoordelikheid wat met hierdie pos gepaardgaan ten volle en onderneem om dit met ywer, integriteit en ’n gevoel van nasietrots uit te voer.
“Ek wil ook erkenning gee aan die harde werk, toewyding en opofferings wat gemaak is deur my voorganger, Pohamba Shifeta, en sy span wat onvermoeid gewerk het om die weg te baan vir die belangrike werk wat ek gaan aanpak.”
Daniel het gesê sy onderneem as deel van hul onwrikbare verbintenis om al die wette, regulasies en beleide onder die ministerie te implementeer.
Sy het gesê Namibië se gemeenskapsgebaseerde bewaringsmodel het wêreldwyd lof verdien.
“Ons sal voortgaan om gemeenskapsbewaring te ondersteun in die beskerming van wild en die diversifisering van inkomstebronne, hetsy deur kunsvlyt, toerisme of koolstofvergoeding.”
WILDSTROPERY
Daniel het gesê hul stryd teen wildstropery en onwettige wildhandel sal dus versterk word met tegnologie en samewerking tussen agentskappe om te verseker dat gemeenskappe wat saam met wild leef, voordele daaruit trek.
“Namibië staan by ’n kruispad. Ons omgewing staar unieke uitdagings in die gesig.”
Sy het gesê Namibië se kwesbaarheid vir klimaatsverandering is onmiskenbaar, maar ook sy veerkragtigheid en hulle sal voortgaan om nou saam met hul internasionale vennote, streekorganisasies en die wêreldgemeenskap te werk om te verseker dat Namibië beide ’n verantwoordelike belanghebbende en ’n leier in optrede teen klimaatsverandering is.
Daniel het gesê Namibië se woude is ook onder geweldige druk, maar dit bly die lewensaar van landelike lewensbestaan en omgewingsbalans.
“Ons sal monitering verbeter, ondernemings vir gemeenskapswoude ondersteun en beslissende stappe teen onwettige hout-oeste neem. Deur saam met tradisionele owerhede en streekrade te werk, beoog ons om bosbou in ’n bron van werkverskaffing en harmonie te omskep, nie konflik nie.”
Daniel het gesê dat sy die belangrikheid van toerisme erken as een van Namibië se vinnigste groeiende bedrywe, wat ’n poort vir vroue en jongmense bied as ’n belangrike ekonomiese dryfveer met die potensiaal om plaaslike gemeenskappe op te hef, werk te skep en die land se kulturele erfenis aan die wêreld ten toon te stel.
“Laat ons duidelik wees: Voorspoed is onbereikbaar sonder om te belê in die mees kwesbare mense van ons samelewing, wat vroue en die jeug is.”
Daniel het gesê hulle kyk in hierdie era van ekonomiese oorgang verby tradisionele werksgeleenthede, deur geleenthede soos groen werksgeleenthede in herwinning, eko-konstruksie, hernubare energie en volhoubare agro-bosbou te benut.
Sy het gesê dit is nie bloot neigings nie, dit bied innoverende geleenthede vir vroue en jeug in ondernemings.
“Laat ons saam ’n Namibië bou waar die omgewing floreer, waar ons woude en natuurlewe beskerm word en waar toerisme steeds as hoeksteen van ons ekonomie dien om te verseker dat die voordele van ons natuurlike erfenis regverdig verdeel word, terwyl tradisionele kennis bewaar en ons hulpbronne tot voordeel van alle Namibiërs beskerm word.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie