Onwettige stropers roei visbron uit
Stropers met onwettige nette maak Swakoppoort leeg
Weekliks word na beraming sowat sewe ton gedroogde vis by die dam uitgery.
Die stropery van vis by die Swakoppoortdam deur plakkers wat met onwettige nette vang, dreig om die visbevolking uit te roei.
Tydens ’n polisie-optrede vier weke gelede deur beamptes van Walvisbaai, die ministerie van visserye en teenstropingseenhede is binne twee dae 35 ton gedroogde vis en 250 nette verwyder en verbrand.
Vyf-en-dertig mense is in hegtenis geneem, insluitend buitelanders van onder meer Malawi, Zambië en Zimbabwe.
Volgens een ingeligte bron wat reeds in 2017 by die eerste operasie teen die onwettige stropers betrokke was, is sewe mans destyds gevang.
“Daar was ook 15 vroue wat met handlyne vir hul eie bestaan gevang het, maar hulle het geen skade aangerig nie. Hulle het visgevang om hul kinders in die skool te hou en twee van hulle het selfs hul kinders op dié wyse deur die universiteit gesit. Toe kom die manne met die onwettige ‘gill nets’ en goed het begin handuit ruk.”
Volgens hom word die laaste paar jare minstens een ton nat vis en sewe ton droë vis per week van die dam weggery. Weekliks haal hy gemiddeld 100 nette en 100 lyne met 40 hoeke elk uit die water.
“In een van daai groot suikersakke pas sowat 1 200 droë kurpers wat afhangende van die grootte teen ’n minimum van N$20 per vis verkoop word. Ons het by een man sewe sulke sakke afgevat. Doen die sommetjie – dis nie visvang vir ’n bestaan nie. Dis baie geld en ’n groot besigheid waar klomp mense betrokke is.”
Volgens SJ van die Otjozondjupastreek se teenstropingseenheid is die gebied wat die dam insluit sowat 3 400 hektaar groot.
“In daai gebied is tussen 100 en 80 kampe opgeslaan wat die stropers huisves. Elke kamp het tussen tien en 15 inwoners.”
Sommige van die stropers het groot stukke foamalite waarop hulle met die nette en vis oor die dam roei. Vanjaar alleen het reeds vier manne verdrink.
“Hulle vang alles in die nette. Selfs al lewe die vis nog en kan jy hom uit die net haal, gaan hy vrek, want hy het alreeds aan hul kiewe beseer. Die visse word dan geslag, die skubbe afgehaal en op droograkke in die kampe gedroog. Dan word dit in sakke verpak en langs die pad neergesit. Die voertuig kom en laai die sakke en ry hulle weg.”
Beide SJ en die bron sê drywers in Namwater-bakkies laai gereeld vis op en ry uit.
“Ek het foto’s van ’n bakkie wat ons voorgekeer het wat gelaai was met vis. Dieselfde bakkie is laas week weer hier by die dam in en met vis uit. Ons het dit al by NamWater aangemeld en hulle belowe om ondersoek in te stel. Gister voor 09:00 is hier drie Namwater-bakkies by die dam in en het tot agter na die groot kamp gery.”
Toegang tot die dam is beperk met die hoofpad met twee hekke wat gesluit is.
“Die sleutel moet by die NamWater-kantoor in Okahandja gekry word.”
Die ander ingang is deur die hervestigingsplase by Klein Barmen. Dié hek is ook veronderstel om gesluit te wees.
“So, óf die man in beheer van die sleutel kry geld vir die oop- en toemaak, óf hy kry geld om die hek oop te los. “
Dis nie net vis wat gestroop word nie, maar wilde diere word ook met draadstrikke gevang.
“Ek het al in die jare wat ek hier kom 20 000 draadstrikke verwyder. Hier is geen dier meer nie. Hier was 20 waterbokke; die laaste een is tydens die droogte met honde in die modder ingejaag en daar doodgeskiet.”
NAMWATER REAGEER
Op vrae wat aan NamWater gerig is, het hulle die volgende mediaverklaring uitgereik.
“NamWater is bewus van die kwessie rakende die onwettige aktiwiteite by die Swakoppoortdam, en dit geniet topprioriteit.
“In 2020 is die Swakoppoortdam se onwettige aktiwiteite gehanteer as deel van ’n konsortiumoperasie onder leiding van NamWater, Nampol en die ministerie van die omgewing en toerisme. Dis ’n voortdurende saak wat ons aanpak.
“Nadat die konsortium van die nuwe verwikkelinge verneem het, het die konsortium ’n noodvergadering vir Woensdag (vandag) gereël. Die doel sal wees om die situasie op die grond te evalueer. Hierna sal ’n konsultasievergadering met die boere gehou word waar bespreking sal plaasvind rakende ’n operasie om onwettige aktiwiteite te beheer en te verminder en oor die onmiddellike maatreëls wat in plek sal wees.
“Hierbenewens neem die Waternutsdiens kennis van die klagtes van die beweerde onwettige aktiwiteite waarby NamWater-voertuie betrokke is. Om hierdie bekommernisse te hanteer, is ’n interne ondersoek aangevra.
“In reaksie op die ongemagtigde toegang wil NamWater graag die boere verseker dat toegang tot die eiendom met veiligheidsmaatreëls beheer word. Streng maatreëls is ingestel, soos om te verseker dat die hekke te alle tye gesluit bly en die sleutels by die NamWater-kantore gehou word.
“Toestemming word slegs aan gemagtigde individue verleen. Ons beskou die huidige scenario as kriminele bedrywighede en wetstoepassing moet betrek word om diegene wat verantwoordelik is vir hierdie optrede aanspreeklik te hou.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie