Ooste-damme kry invloei ná eerste reën
Die reënseisoen het vroeër as verwag afgeskop met plaaslike boere wat te midde van die versengende droogte weer moed geskep het nadat die eerste reën geval het.
Dirk Potgieter van die plaas Sukses tussen Otjiwarongo en Okahandja se video van ’n lekker bui wat Maandag uitgesak het, het op sosiale media weer die hoop onder Namibiërs laat opvlam.
Potgieter kon nie ophou lag toe hy met Network Media Hub (NMH) gesels het nie: “Oral waar ek op die plaas ry, is dit net water. Boere, veral in die Suide, moenie moed verloor nie. Die reënseisoen het begin.”
Volgens Potgieter se buurman, Rian van Wyk van die plaas Doornkom, het daar tussen 15 mm en 25 mm uitgesak.
Hierdie gebied se water vloei na die dolleë Omatakodam wat weer die Von Bachdam voed. Nóg goeie nuus is dat reën ook Maandag by die Von Bachdam geval het wat tans slegs 11 persent vol is.
DAMBULLETIN
Volgens die jongste dambulletin van NamWater het twee damme in die Omahekestreek, die Daan Viljoen- en Tilda Viljoendam, invloei gekry nadat dele in die Ooste soos Summerdown en Witvlei buie gehad het en tussen 20 mm en 25 mm reën op Gobabis geval het.
Die Daan Viljoendam in die Swart Nossobrivier het invloei van 27 000 kubieke meter water gekry en gestyg van 0,5% tot 6,8%. Die Tilda Viljoendam in Gobabis het invloei van 2 000 kubieke meter gekry en die damvlak het van 2,7% tot 2,9% gestyg.
Reënbuie is ook in onder meer die Etosha Nasionale Park, tussen Tsumeb en Oshivelo, by Ongwediva, Otavi, Omaruru, Okahandja, Otjiwarongo en op die Rietfonteinpad noordoos van Gobabis aangemeld.
Gisteroggend is 17,3 mm sowat 10 km suid van Kombat gemeet en sagte reën het nog deur die oggend voortgeduur.
Volgens weerkenners is die reëntoestande te danke aan gunstige bolugtoestande met “snipperagtige donderstorms” wat vanaf Angola oortrek. Dit kan dalk nog tot Vrydag voortduur en is moontlik ’n vroeë aanduiding dat Namibië in Oktober ook reën kan kry.
Wat die reënvooruitsigte vir vandag betref, het die Namibiese Meteorologiese Dienste voorspel dat dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm sal wees in die Suide en Noordooste, maar elders gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie plek-plek.
Die Suide wag nog in spanning vir reën met alle oë op die Hardapdam se vlak wat op 8% staan met besproeiing uit die dam wat op 6% moet staak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie