'Ordentlike' huise ontsê inwoners droogtehulp
Huise geërf
Sommige van die huise het kinders as hoof van die huishouding wie se ouers dood is.
Met bewerings en klagtes van mense wat in ‘ordentlike’ behuisingsinfrastruktuur woon wat uitgesluit word van die staat se droogtehulpprogram, het die kantoor van die eerste minister ‘n beroep gerig op huishoudings met die middele om beter strukture op te rig, om ook hul hulpbronne vir voedselsekerheid uit te brei.
Dit was die reaksie van die kantoor se uitvoerende direkteur I-Ben Nashandi op ‘n vraag of ‘beter’ strukture gebruik word as kriteria om inwoners sodoende uit te sluit van die voordele van die droogteverligtingsprogram.
Die regering se droogtehulpinisiatief het ten doel om voedselhulp aan
341 855 huishoudings te verskaf. Sowat 1,4 miljoen mense in Namibië word as kwesbaar vir voedseltekorte geklassifiseer.
Klagtes is egter ontvang van inwoners wat swaar trek, maar in huise woon wat deur familielede gebou is wat in ander dele van die land woon of in infrastruktuur wat hulle geëerf het wat nie voordeel uit die program trek nie.
Vir inwoners om te kwalifiseer vir die program se voedselhulp, moet ‘n landelike huishouding ‘n maandelikse gekombineerde huishoudelike inkomste van nie meer as N$3 100 hê nie. Hulle mag ook nie enige ander bron van voedselverligting tydens die tydperk van die program ontvang nie.
Volgens Nashandi word die armoedevlakke in huishoudings ook weerspieël in die tipe struktuur van ‘n huis. Daarom sy beroep dat dié inwoners wat die middele het om beter strukture op te rig, ook dieselfde aan inset aan hul voedselsekuriteit bestee.
“Met verwysing na strukture van huise wat ‘n onderwerp van evaluering is, wil ek dit duidelik maak dat die kriteria vir identifisering slegs gebaseer is op of die huis (met of sonder strukture) voedseltekorte in die gesig staar,” het Nashandi gesê.
“Die maatreël word gebruik deur die gekombineerde inkomstevlak van die huishouding en die ligging van die huis te bepaal, asook dat geen ander soortgelyke ondersteuning aan die huishouding toegeken is nie. Toevallig weerspieël die armoedevlakke in huishoudings ook in die huisstrukture. Huishoudings met beter middele om beter strukture op te rig, gebruik dieselfde middele vir voedselsekuriteit,” het hy verduidelik.
Omusati se goewerneur Erginus Endjala het op sy beurt gesê hoewel antwoorde met betrekking tot die droogtehulpprogram by die kantoor van die eerste minister lê, het sy kantoor klagtes van oorlogsveterane ontvang wat uitgesluit van staatshulp voel.
Endjala sê die droogte het almal geraak, ongeag hul werkstatus of die struktuur waarin hulle woon.
“Wat ek probeer sê is dat die sentiment is dat die droogte almal raak.Daarom moet elke persoon ‘n deel van droogtehulp kry,” het Endjala gesê.
Oshana se goewerneur Elia Irimari het op sy beurt gesê dit is inderdaad waar dat huise met ordentlike infrastruktuur nie voordeel uit die droogtehulp trek nie.
Volgens hom is dit verkeerd om inwoners uit te sluit as gevolg van die huis waarin hulle woon. Hy sê voorts sommige huise is geërf en waar kinders aan die hoof van die huishouding is en wat sukkel om te oorleef.
“Dit is regtig ‘n bedrieglike faktor as jy na infrastruktuur kyk en sê die huis is groot. Dit kan wees dat die huis groot gemaak is deur die persoon wat gesterf het. Die wat agterbly, kan nie vir hulle sorg nie. Sommige van die huise het kinders as hoof van die huishouding en wie se ouers dood is. Dit is ‘n ware feit. Ek weet, ek het dit gesien,” het Irimari gesê. Netwerk Media Hub (NMH) het vroeër berig die regering beraam dat sedert Julie vanjaar tot 10 Junie volgende jaar dat droogteverligting die land N$1,307 miljard gaan kos. Die regering kan egter net N$825 miljoen toeken, wat ‘n tekort van N$482 miljoen is waarvoor daar nog finansiering gesoek word. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie