Paaie langs die Oranjerivier gesluit
Die teerpad vanaf Oranjemund na Aussenkehr is nou vir amptelike verkeersdoeleindes gesluit wees die Oranjerivier wat in vloed is. Die DR212-grondpad van Rosh Pinah na Aussenkehr is reeds verlede week gesluit.
Atti Stoltz van die Oryx-gastehuis op Oranjemund het gesê die Oranjerivier loop nou al vir ‘n week sterk in die see in.
“Dit is egter nog nie die hoogste wat hy al in die see ingeloop het nie. Ek woon nou al dertien jaar in Oranjemund en hy was nog net een keer hoër.”
Die rivier stroom sowat 20 kilometer voor Rosh Pinah oor die pad en net sekere voertuie mag deurry.
“Vroeër jare, toe dit nog net grondpad was, het die rivier altyd die pad verspoel en moes ons deur die Sperrgebiet (nou die Tsau //Khaeb Nasionale Park) na Lüderitz en dan Keetmanshoop ry. Toe hulle besluit het om die pad te teer het hulle die hoogste watermerk van 1997-’81 gevat en die pad nog hoër gebou sodat daar in die toekoms geen problem met oorstromings sal wees nie en Oranjemund nie meer afgesny sal word nie. Die water het nou al met die laaste twee vloede oor die teerpad gespoel.”
Alexander Maasdorp die bestuurder van Rosh Pinah se munisipaliteit, het gesê die pontonbrug is weens die styging in die rivier se watervlak ook gesluit.
INKOMSTEVERLIES
“Baie informele handelaars en individue wat van die plaaslike seisoenale produkte van Aussenkehr op die strate en in die markte van Rosh Pinah verkoop, maak van die grondpad gebruik. Die pad is op baie dele oorstroom, wat dit dus ontoeganklik gemaak het en dit gevolglik gesluit moes word. Baie toeriste het ook in die afgelope maande van hierdie spesifieke pad gebruik gemaak. Rosh Pinah verloor inkomste van toeriste wat nie stilhou om brandstof in te gooi en kos en ander kruideniersware te koop nie. Inwoners wat uitgesien het om na Aussenker en Noordoewer te reis vir die vakansie of ‘n wegbreek-naweek, kan nou nie gaan nie.”
“Ek rig ‘n pleidooi aan almal wat op hierdie paaie langs die rivier reis of die rivier besoek om uiters versigtig te wees. Die watervlakke kan binne ‘n oomblik verander en daarmee saam is baie daar voorwerpe soos takke binne die strome wat mens dalk nie van die oppervlak af kan sien nie,” het hy gesê.
By die Norotshama River Resort in Aussenkehr het die water tot gister nog gestyg.
“Ons trek strepe in die sand of pak bakstene en wanneer ons weer gaan kyk, is hulle onder water,” het Lily-Pearl Brand van Norotshama gesê.
Volgens haar het hulle baie kansellasies van toeriste ontvang wat weens die geslote paaie nie die ompad van sowat 400 kilometer na Aussenkehr via Keetmanshoop wil ry nie.
“Die water loop nog steeds baie sterk en ons sien nog steeds bome wat meegesleur word. Dit is ongelooflik, die krag van die water en hoe breed die rivier vloei.”
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie