Park wemel van beeste
Landbou se antwoorde onvoldoende
Minstens 8 000 bees en 1 700 stuks kleinvee loop op Namibiese grond binne die massiewe oorgrensbewaringsgebied bekend as Kaza.
Ten spyte van die regering se verbod in 1999 op beeste binne die Bwabwata Nasionale Park boer byna 170 inwoners hier met meer as 8 000 bees.
Die diere beweeg vrylik in en uit die park aangesien daar geen heinings is nie, veral in die noorde op die grens met Angola.
Hierdie besonderhede het aan die lig gekom gekom gedurende gisteroggend se openbare verhoor deur die parlementêre staande komitee oor grondwetlike en regsake, waar die ministerie van landbou, water en grondhervorming moes verslag doen oor die Hambukushu Tradisionele Owerheid se versoek dat veeboerdery in die park toegelaat moet word.
Stamleiers vra vir die opheffing van die verbod wat meer as twee dekades gelede afgekondig is. Verder wil die Hambukushu deel in inkomste uit toerisme na die park, hulle wil natuurlike hulpbronne soos duiwelsklou binne die park oes en vra dat die regering ’n deel van die park vir klein plaaseenhede moet afbaken.
Die inligting is gerapporteer via 'n virtuele verbinding met veeartsenykundige beamptes van die ministerie wat op Rundu werk en vir die park verantwoordelik is. Die sein het egter aanhoudend uitgesny en later moes die voorsitter van die komitee, mnr. Klefus Karondo, die verhoor opskort en uitstel tot wanneer die beamptes in persoon kan kom getuig, of ’n ander oplossing gevind kan word.
Inligting verskaf deur die ministerie toon dat veeartsenydienste drukgange op Mwitjiku, Karenga, Mushangara, Mushashani, Samakwi en Omega het, veral om beeste teen miltsiekte in te ent na ’n uitbraak in 2017. Bwabwata is geleë binne die besmette sone, wat noodsaak dat die diere nie toegelaat mag word om uit die park te beweeg nie, behalwe na die Mukwe-kiesafdeling in Kavango-Oos of na die Zambezi-streek. Daar is ook amper 1 400 kleinvee binne die park, waarvan die ministerie kennis dra.
Danksy hul lewendehawe-indentifiseringstelsel bekend as Namlits, weet die ministerie ook wie die eienaars van die diere is.
Nogtans is dit ’n uitdaging vir die ministerie om in samewerking met die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme diere sonder permitte uit die park te hou. Geen permitte word uitgereik nie, maar dit is moeilik om die beweging van bees en kleinvee te verhoed binne die 6 274 vierkante kilometer wat die park beslaan.
Daar is ook nou ’n verbod op die bou van nuwe drukgange, wat dit moeilik maak vir veeartsenybeamptes om al die diere in te ent, sê landboubeamptes.
Ná die verhoor verdaag is, het Karondo in ’n onderhoud gesê dat die komitee verantwoordelike beamptes in persoon by die geleentheid verwag het en dat die ministerie eers die vorige dag aangedui het dat sy beamptes virtueel sou deelneem. Hy verwag die verhoor sal vir sowat tien dae uitgestel word.
Hy was ook ongelukkig dat senior beamptes in die ministerie nie teenwoordig was nie. “Ons is ongelukkig dat die verantwoordelike beamptes nie voor die komitee verskyn het nie,” het hy gesê.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie