• Tuisblad
  • Omgewing
  • #PAS IN: Kommer oor witrenoster-invoere uit Suid-Afrika vir heruitvoer
white rhino
white rhino

#PAS IN: Kommer oor witrenoster-invoere uit Suid-Afrika vir heruitvoer

Ellanie Smit
Die ministerie van omgewing, bosbou en toerisme het kommer uitgespreek oor Namibies-geregistreerde wildhandelaars wat lewendige witrenosters uit Suid-Afrika invoer om die diere weer na lande buite hul natuurlike verspreiding uit te voer. Dit beteken gebiede waar dié bevolking van witrenosters nooit bestaan het nie en dit moeilik sal vind om te oorleef. Volgens die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda het Suid-Afrika strenger plaaslike maatreëls in plek wat insluit dat sommige wildlewe-spesies nie uitgevoer mag word nie.

"Namibiese private boere, in veral geregistreerde wildhandelaars, word gemaan om nie sulke transaksies aan te gaan nie omdat hulle nie binne die voorsiening van die CITES-konvensie ondersteun sal word nie," het hy gesê. Muyunda het beklemtoon die ministerie sal nie toelaat dat Namibië gebruik word om die Suid-Afrikaanse wette te omseil nie.

"Die invoer van witrenosters uit Suid-Afrika kan ook ons boere of wildhandelaars benadeel indien hulle witrenosters van Namibiese oorsprong wil uitvoer." Muyunda wou nie die name van die betrokke wildhandelaars bekendmaak nie, maar sê die ministerie sal nie sulke aansoeke verwerk nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!