PAS IN: Olifantkarkas op plaas gevind

Ellanie Smit
‘n Olifantbul wat waarskynlik aan natuurlike oorsake dood is, is Maandagoggend op ‘n plaas in Kavango-Wes gevind.

Volgens die polisie behoort die plaas, wat naby Nkurenkuru geleë is, aan Uusko Nghaamwa, ‘n voormalige goewerneur van die Ohangwenastreek.

Die karkas is tydens ‘n roetinepatrollie deur twee plaaswerkers gevind. Beide olifanttande was steeds aan die karkas.

Die tande is verwyder en vir veilige bewaring na Nkurenkuru geneem.

Geen verdagte bedrywighede is aangemeld nie en geen deel van die dier is afgesny nie. Die polisie vermoed dus dat die olifant aan natuurlike oorsake dood is.

Geen saak is geopen nie.

#RepNuus

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!