PAS IN: Sperrgebiet se flora onder die vergrootglas
Die Namibië Wetenskapvereniging bied op Dinsdag 11 Julie 'n openbare praatjie deur dr. Antje Burke aan oor die Sperrgebiet se endemiese plante.
Een van die baie besonderse dinge van die nuwe Tsau ǁKhaeb (Sperrgebiet) Nasionale Park is sy plantdiversiteit. Baie van die plante wat daar gevind word, is endemies – hulle kom nêrens anders op aarde voor nie! Die Sperrgebiet se endemiese floa is vir meer as 100 jaar redelik goed beskerm as gevolg van sy status as 'n gebied waartoe toegang hoogs beperk was, maar verandering is op die horison. Sodra die nuwe park oop is vir die publiek, sal meer mense 'n kans hê om hierdie plante te sien terwyl hulle die natuurskoon van die Sperrgebiet geniet. Die toestroming van besoekers en die ontwikkeling van toerisme en industriële infrastruktuur kan hierdie botaniese skatkis bedreig as dit nie met die plante in gedagte beplan word nie.
Dr. Burke het sedert haar vroeë kinderjare 'n passie vir plante in Duitsland se woude. Sy het sedertdien 'n grondige kennis opgedoen van die flora in haar tuisland, die Middellandse See, die Negev-woestyn en Suider-Afrika. Sy het in 1988 na Namibië gekom en het as navorser, dosent en omgewingskonsultant haar passie bly voed en ken die Namibiese flora baie goed. Sy werk al byna 30 jaar in die Sperrgebiet en adviseer Namdeb, die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme en ander rolspelers in die gebied oor kwessies wat verband hou met biodiversiteit en bewaringsbeplanning en omgewingsbestuur.
Deelname via Zoom is moontlik! Hier is die skakel: https://zoom.us/j/8023841980. Die praatjie begin om 19:00.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie