#PasIn: Agt oor Paasfees in hegtenis geneem vir renosterstropery
Agt verdagtes is oor die Paasnaweek vir renosterstropery-verwante misdade in twee afsonderlike voorvalle in hegtenis geneem.
Volgens die woordvoerder van die omgewingsministerie Romeo Muyunda, is twee verdagtes op 6 April op die Tsumeb/Otavi-pad by 'n mobiele padblokkade in hegtenis geneem omdat hulle onwettig die Etosha Nasionale Park binnegegaan het om renosters te jag.
Twee vars renosterhorings is in hul besit gevind en deur die wetstoepassingsagentskappe onder leiding van die Blue Rhino-taakspan op beslag gelê.
Die verdagtes – 'n Namibiese man Sakaria Johannes en 'n Angolese man Tomas Domingos – het op 11 April in die hof verskyn en is albei borgtog geweier. Die saak is tot 7 Julie uitgestel.
Opvolgondersoeke in dié saak het volgens Muyunda gelei tot ’n ontdekking van ’n vars karkas in Etosha.
Hy het gesê die ondersoekers het ook 'n 375-kaliber geweer, 'n knaldemper en ammunisie gevind.
Nog twee ou karkasse is in Etosha ontdek, wat vermoedelik gestroop is.
“Daar is tans geen aanduiding wat die twee ou karkasse met die twee verdagtes verbind nie,” het Muyunda gesê.
In ’n afsonderlike voorval op 7 April, is twee verdagtes in hegtenis geneem nadat hulle in ’n ander operasie deur veiligheidsmagte op die Outjo/Otavi-pad in besit van ’n paar renosterhorings gevind is.
Verdere ondersoek het gelei tot die inhegtenisneming van veiligheidspersoneel teen stropery op 'n private plaas in die Outjo-distrik wat vermoedelik die horings verskaf het.
Die verdagtes is David Nakare, Makanga Johaness, Matema Thiyemo, Shampampi Ndjunga Kamanya Joseph Kandjimi en 'n vrou, Magdalena Mavandje Mukuve. Hulle is almal Namibiërs.
Ondersoeke in beide gevalle duur voort.
Die ministerie is tans besig met 'n evaluering van renosterstropery-voorvalle vir vanjaar en sal volgende week die jongste inligting deurgee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie